UK VIsa condru,m
UK VIsa condru,m

VK-asielaansoeke styg met 337%

‘Visumvrye stelsel word misbruik’
Ná die Verenigde Koninkryk se besluit om sy deure toe te slaan vir Namibiërs wat asiel soek, het verbysterende statistiek na vore gekom.
Kristien Kruger
Jemima Beukes – Humanitêre uitdagings en seksuele oriëntasie is van die hoofredes wat Namibiërs gebruik om vir asiel in die Verenigde Koninkryk (VK) aansoek te doen.

Namibiërs is tans onder die top-20-lande wêreldwyd wat na dié land wil verhuis.

Amptelike inligting wat Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, onder oë gehad het, toon ’n opvallende toename in aansoeke deur Namibiese asielsoekers van 337% tussen 2017 en Maart 2023.

In 2017 het die aantal aansoeke tot 101 opgeskiet teenoor 16 in 2016 en in 2018 het dit verdubbel tot 265. In 2019 het dit weer verdubbel tot 436. In 2020, toe die Covid-19-pandemie ’n hoogtepunt bereik het en reise beperk was, het die aantal aansoeke tot 228 gedaal en weer tot 137 in 2021.

Toe lande egter weer hul grense heropen het, het aansoeke drasties toegeneem tot ongeveer 860 in 2022. Die meeste aansoeke is in Maart vanjaar ingedien – ’n massiewe 935.

Die inligting toon verder dat Namibië gelys is as een van die hoofaansoekers vir asiel op grond van seksuele oriëntasie, wat die derde hoogste naas Uganda en Nigerië is.

Die Namibiese regering is egter vasbeslote dat, afgesien van hoë werkloosheidsyfers, Namibië oor die algemeen ’n veilige land is om in te woon waar “niemand vervolg word nie”.

‘UIT ONS HANDE’

Volgens ’n ontleding deur Facilit8 Namibia, is asiel tussen 2016 en 2020 aan altesaam 61 Namibiërs toegestaan, asook vyf humanitêre beskerming en diskresionêre verlof. Altesaam 595 aansoeke is tussen 2008 en 2022 afgekeur.

Die uitvoerende direkteur van internasionale betrekkinge en samewerking, Penda Naanda, het gesê die regering bly in konstante kommunikasie met sy Britse eweknieë, veral nadat hulle vroeër vanjaar kwessies oor die visumvrye stelsel uitgelig het.

“Sover bekend is Namibië ’n vreedsame land en mense word nie vervolg om die genoemde redes nie en wanneer die VK asiel op humanitêre gronde toestaan, moet hulle verduidelik onder watter voorwaardes hulle dit sou doen.

“Ons weet ons het ’n probleem met werkloosheid en niemand vervolg mense omdat hulle nie werk kan kry nie. As mense asiel in die Verenigde Koninkryk soek, is dit uit ons hande uit.”

“As die VK besluit om mense te deporteer, moet ons net vasstel of die persoon wel ’n Namibiër is,” het hy gesê.

‘GELUKKIGE’ AANSOEKERS

Volgens Fasiliteit8 Namibia se inligting is 169 aansoeke tussen 2008 en 2021 teruggetrek.

Gedurende dieselfde tydperk is 412 appèlle aangeteken, 265 is van die hand gewys en 108 is toegelaat, terwyl 27 teruggetrek is.

Tussen 2013 en 2021 het altesaam 138 asielsoekers asielstatus gekry.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!