Volg lansering van Artemis-1 regstreeks op Nasa se blad
Alle oë is op die VSA waar die Amerikaanse ruimteagentskap (Nasa) se nuwe maanvuurpyl, die Space Launch System (SLS), vandag om 14:33 Namibiese tyd by die Kennedy-ruimtesentrum by Cape Canaveral in Florida gelanseer word.
Dit maak deel uit van die Artemis-1-sending wat 50 jaar ná die Apollo-maanprogram ’n nuwe ruimte-era sal inlui.
Reuters berig Nasa beplan om die onbemande toetsvlug met die vuurpyl as ’n oefenlopie te onderneem voordat ruimtevaarders na die maan gestuur sal word.
Nasa se Artemis-program poog om uiteindelik 'n langtermynbasis op die maan te vestig as 'n stap vir selfs meer ambisieuse ruimtereise na Mars. Dit is volgens Nasa ’n doelwit wat waarskynlik tot ten minste die laat 2030’s sal neem om te bereik.
Die ses weke lange toetsvlug is ’n waagstuk en kan kortgeknip word as iets skeefloop.
“Ons gaan dit toets. Ons gaan (die vuurpyl) dinge laat doen wat ons nooit met ’n bemanning daarop sou doen nie, om dit so veilig as moontlik te maak,” het Bill Nelson, administrateur van Nasa, vroeër vandeesmaand aan joernaliste gesê.
Indien die lansering van die vuurpyl egter om die een of ander rede nie vandag op skedule begin nie, sal dit eers op 2 September (Vrydag) gelanseer kan word.
Artemis-1 is die eerste van ’n toenemend komplekse reeks sendings waar die nuwe SLS-vuurpyl en die Orion-ruimtetuig as ’n geïntegreerde stelsel deur Nasa getoets word.
Die SLS is die kragtigste vuurpyl in die wêreld sedert Nasa se laaste maanvuurpyl, Saturnus V, die Skylab-ruimtestasie in 1973 in ’n wentelbaan om die aarde geplaas het.
Die grootste prioriteit van die sending is om seker te maak die Orion-kapsule se skild van 5 m kan ruimtevaarders teen hitte beskerm wanneer hulle terugkeer aarde toe met toekomstige maanvlugte, berig CNN.
Indien die Artemis 1-toetsvlug goed verloop, beplan Nasa om vier ruimtevaarders met ’n tweede SLS-vuurpyl in 2024 na die maan te stuur voordat die eerste vrou en eerste persoon van kleur in 2025 en 2026 sal volg.
Belangstellendes kan die lansering by die volgende skakel volg: https://www.nasa.gov/content/live-coverage-of-nasas-artemis-i-mission-to-the-moon

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie