Vrede in die Midde-Ooste
President Nangolo Mbumba se kantoor het vanoggend die wapenstilstand-ooreenkoms in verband met Israel se oorlog teen Gasa geloof.
“Ek verwelkom die wapenstilstand wat deur Katar aangekondig is, wat ’n uiters belangrike en langverwagte oomblik is vir die besette mense van Gasa, wat pynlike ellende verduur,” sê Mbumba.
Die ooreenkoms is gister, 15 Januarie 2025, deur die eerste minister van Katar, Mohammed Bin Abdulrahman al-Thani, aangekondig.
Hamas en Israel het ooreengekom dat Israel se weermag aan Gasa sal onttrek, en Hamas sal alle Israeliese gyselaars vrylaat.
Sedert 7 Oktober 2023 beleef die mense van Gasa grusame gruweldade wat tot die verlies van tienduisende onskuldige lewens gelei het, ongekende vernietiging van burgerlike infrastruktuur en die blatante oortredings van internasionale humanitêre reg, volgens die Namibiese president.
“Die wapenstilstand is ’n geleentheid vir die mense van Gasa om terug na hul grond te keer en die proses van herbou van hul grond te begin.
“Belangriker nog, ek hoop dat die wapenstilstand ’n nuwe geleentheid sal open vir volgehoue vrede in die Midde-Ooste,” sê Mbumba.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie