1
1

VSA se nuwe ambassade open in Januarie 2024

Kantoor van N$5,3 miljard
Meer as 2 000 Namibiërs is tydens die konstruksiefase in diens geneem, waarvan 200 vroue was.
Yandi Du Plessis
Elizabeth //Kheibes – Die Amerikaanse ambassade se nuwe kantoor van N$5,3 miljard sal teen einde Januarie 2024 amptelik sy deure open.

Volgens die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, Randy Berry, sal die nuwe kantoor alle huidige personeel van die ambassade, konsulêre werk en die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar) en sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (CDC) huisves.

Tans is die Amerikaanse ambassade se personeel verdeel tussen die hoofkantoor in Ausspannplatz en die Sanlam-gebou.

“Een van die sleuteldinge wat ons by die ambassade doen, is om deur Pepfar en die CDC saam met die ministerie van gesondheid te werk, en tans sit ons mediese personeel in drie kantore, wat kommunikasie moeilik maak. ’n Hele vloer van die kantoor sal al die mediese personeellede huisves,” het die ambassadeur tydens ’n private mediatoer van die nuwe fasiliteit gesê.

“Een ding waarop ek trots is, is die voorkoms van die gebou met fauna en flora, wat vir die plaaslike omgewing gebou is om vir energie- en waterverbruik voorsiening te maak, en dit is daardie samevoeging van vorm en funksie wat die nuwe kantoor ’n baie dinamiese kampus sal maak om op te werk,” het hy bygevoeg.

HUPSTOOT VIR EKONOMIE

Die gebou het ’n volledig toegeruste gimnasium, laktasiekamer en inentings- en gesondheidsentrum. Daarbenewens is die gebou bedek met sonpanele, wat meer as 400 kWp lewer, wat in 50% van die gebou se kragbehoeftes voorsien.

Die konstruksiebestuurder vir die Buro vir Oorsese Geboue-bedrywighede, Scott Stables, het gesê deur die bou van die nuwe gebou kon die Amerikaanse ambassade ongeveer N$310 miljoen in Namibië se ekonomie inspuit.

“Meer as 2 000 Namibiërs is vir die konstruksiefase in diens geneem, waarvan 200 vroue was. Verder is die werkers elke dag van etes voorsien, insluitend 400 000 etes vir werknemers se skoolgaande kinders en kinders in hul gemeenskappe,” het hy bygevoeg. .

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!