VSA steun Namibië se energiedoelwitte

Twee lande bereik vyfjaarooreenkoms
Die ministerie van myne en energie en die Verenigde State van Amerika het verlede week 'n Memorandum van Verstandhouding onderteken.
Augetto Graig
Die Verenigde State van Amerika (VSA) het ingestem om saam met Namibië te werk om die ontwikkeling van hernubare energie plaaslik te ondersteun.

Die adjunk-assistent-sekretaris van die Amerikaanse departement van buitelandse sake, Kim Harrington, het Windhoek verlede week besoek om ’n Memorandum van Verstandhouding (MoU) met Tom Alweendo, die minister van myne en energie, te onderteken.

Die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, Randy Berry en Kornelia Shilunga, die adjunkminister van myne en energie, was ook teenwoordig.

“Deur saam te werk, sal ons groei genereer, toegang tot betroubare energie verseker en ons omgewing vir toekomstige geslagte beskerm,” sê Shilunga.

Volgens haar gaan hernubare energie-ontwikkeling daaroor om geleenthede vir alle Namibiërs te skep.

Alweendo het verlede Donderdag by die ministerie se hoofkantoor gesê die vyfjaarooreenkoms bied ’n raamwerk vir samewerking, met die fokus op sonkrag, windkrag en groenwaterstofontwikkeling.

“Ek hoop hierdie MoU sal ons bestaande samewerking met die VSA versterk,” het hy gesê.

Hy noem die Pepfar-ondersteuning waarmee Amerika die Namibiese stryd teen vigs bygestaan ??het, en die Millennium Challenge Account se hulp aan die Nasionale Beplanningskommissie om plaaslike vaardighede op te skerp, as vorige voorbeelde van samewerking tussen die twee lande.

Namibië wil teen 2040 universele toegang tot elektrisiteit in die land bereik, sê die minister. Hy het ook gesê dat Namibië teen 2030 80% van sy kragaanvraag plaaslik wil genereer.

“Ons het ook onlangs ons groen-industrialisasiestrategie bekend gemaak. Dit sal meer energie benodig as wat ons tans het.

“As ons hierdie ambisieuse teikens wil bereik, sal ons die manier waarop ons energie opwek moet verander,” het hy gesê.

Alweendo het sy hoop uitgespreek dat die nuwe ooreenkoms van die nodige energieopwekkingsprojekte sal bespoedig, en dat die VSA Namibië sal help om die risiko’s verbonde aan dié projekte te verminder en om te verseker dat die projekte wel ’n werklikheid word.

Hy sê Namibië het ’n mark vir meer krag en dat die vraag daarna versterk, maar dat meer kapitaal en tegnologie benodig word.

Hy is op soek na private kapitaal uit Amerika, saam met direkte buitelandse beleggings, om kapitaalkoste te verminder, terwyl tegnologie vir die berging van hernubare energie steeds ontbreek.

Met verbeterde bergingskapasiteit kan hernubare energie ook vir basislading benut word, sê Shilunga.

Harrington het namens die Amerikaanse staatsdepartement se kantoor van energiebronne gesê dat talle departemente en agentskappe van haar regering gretig is om saam met Namibië te werk.

Dit sluit in die Amerikaanse ontwikkelingsagentskap (USAid) se Power Africa-inisiatief, die departement van handel, die departement van energie, die uitvoerkredietagentskap (Exim), die handels- en ontwikkelingsagentskap (USTDA), kleinsake-administrasie en die korporasie vir ontwikkelingsfinansiering (DFC), sê sy.

“Amerikaanse maatskappye in die private sektor wil duidelik ook in Namibië bedrywig wees.

“Met die Amerikaanse maatskappy Plug Power se elektroliseerders vir skoon waterstofaanlegte, asook meer tradisionele energiesektormaatskappye soos Chevron en ExxonMobil, speel die Amerikaanse private sektor ’n groot rol in Namibië se energiesektor, ’n rol wat ons wil voortsit en uitbrei,” sê sy.

“Namibië het geweldige potensiaal in sy energiesektor en ons is opgewonde om aktief te werk om ons gesamentlike doelwitte te bereik,” sê sy.

“Energie is ’n kritieke komponent van volhoubare ontwikkeling en ekonomiese groei.

“Ingevolge hierdie ooreenkoms sal ons kundigheid en hulpbronne deel om Namibië se energiesekerheid te bevorder, energiebronne uit te brei en te diversifiseer,

en Namibië se visie om ’n netto uitvoerder van hernubare energie en ’n streekleier in skoon energie-oplossings te word, ondersteun,” het Berry gesê.

USAid se direkteur in Namibië, McDonald Homer; die buitelandse sakebeampte vir energiebronne, John Dour; en die ambassade se politieke en ekonomiese beampte, Geoff Keogh, het ook die geleentheid bygewoon.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 31° Otjiwarongo: 17° | 33° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 20° | 31° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:15, High tide: 02:25, Low Tide: 20:44, High tide: 14:39 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:13, High tide: 02:23, Low Tide: 20:42, High tide: 14:37 Walvis Bay: 12° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:13, High tide: 02:22, Low Tide: 20:42, High tide: 14:36 Rehoboth: 16° | 32° Mariental: 16° | 33° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 34° Lüderitz: 12° | 21° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 16° | 31° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 9° | 28° Maseru: 14° | 28° Antananarivo: 12° | 28° Lilongwe: 17° | 25° Maputo: 15° | 28° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 14° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 15° | 30° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.13 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.58 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.1 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.94 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.35 | USD to EGP 48.53 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1602.08 | USD to ZAR 17.57 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1848.93 Down -0.6% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13939.72 Down -0.78% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30584.24 Up +1.03% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9796.55 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 676.30/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.37/lb UP +1.13% | Zinc US$ 3 093.00/T UP 1% | Brent Crude Oil US$ 74.17/BBP DOWN -0.0113 | Platinum US$ 991.43/OZ UP +0.75% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 31° Otjiwarongo: 17° | 33° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 20° | 31° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:15, High tide: 02:25, Low Tide: 20:44, High tide: 14:39 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:13, High tide: 02:23, Low Tide: 20:42, High tide: 14:37 Walvis Bay: 12° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:13, High tide: 02:22, Low Tide: 20:42, High tide: 14:36 Rehoboth: 16° | 32° Mariental: 16° | 33° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 34° Lüderitz: 12° | 21° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 16° | 31° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 9° | 28° Maseru: 14° | 28° Antananarivo: 12° | 28° Lilongwe: 17° | 25° Maputo: 15° | 28° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 14° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 15° | 30° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.13 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.58 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.1 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.94 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.35 | USD to EGP 48.53 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1602.08 | USD to ZAR 17.57 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1848.93 Down -0.6% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13939.72 Down -0.78% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30584.24 Up +1.03% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9796.55 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 676.30/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.37/lb UP +1.13% | Zinc US$ 3 093.00/T UP 1% | Brent Crude Oil US$ 74.17/BBP DOWN -0.0113 | Platinum US$ 991.43/OZ UP +0.75%