Waar's whatsapp?
Dit blyk dat die gewilde WhatsApp-kletsplatform vir duisende gebruikers buite werking is. Volgens die Down Detector- (https://downdetector.co.za/status/whatsapp/) webtuiste wat probleme volg vir verskillende platforms en webtuistes, het gebruikers Dinsdag net ná 09:00 begin kla dat WhatsApp ophou werk het. Die probleem was egter nie dieselfde vir alle gebruikers nie.
Volgens sommige gebruikers kon hulle nie boodskappe stuur of ontvang nie en ander het weer genoem dat hulle nie die app kan oopmaak nie. WhatsApp het sommer blitsig op Twitter die belangrikste bespreking geword, maar daar is nog niks op WhatsApp se amptelike Twitter-rekening gesê nie.
Die Meta-maatskappy se woordvoerder sê: “Ons is bewus daarvan dat sommige mense probleme ondervind om boodskappe te stuur en ons werk daaraan om WhatsApp so vinnig as moontlik vir almal te herstel.”
Dit is nog onduidelik hoe wydverspreid die probleem is. Bron: Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie