Weste versprei leuens, sê Rusland
Kernoorlog sal volg as Nato inval
Die ondervoorsitter van Rusland se raadskomitee oor buitelandse sake het Vrydag virtueel met joernaliste oraloor Afrika gepraat.
“Ons is nie in oorlog teen die Oekraïne nie; dis nie konflik tussen Rusland en Oekraïne nie, maar tussen die Weste en Rusland. Oekraïne is net die onderwerp daarvan.”
Só het die ondervoorsitter van Rusland se raadskomitee oor buitelandse sake, mnr. Andrey Klimov, Vrydag tydens ’n virtuele vergadering met meer as 50 joernaliste van oraloor Afrika gesê.
Dit vorm deel van ’n reeks virtuele vergaderings met joernaliste in Suid- en Sentraal-Amerika, China en Indië, sê hy. Volgens hom probeer hy meer as vier miljard mense wêreldwyd só bereik.
In Mei word ’n beraad met politieke partye in Afrika beplan en ’n Brics-konferensie in Julie. Teen November word ’n beraadsvergadering tussen Rusland en Afrika gehou, het Klimov gesê.
Volgens hom is die toer noodsaaklik weens ‘afstootlike waninligting’ waar feite aspris verdraai word om ongeldige kommentaar te ondersteun.
“Die dryfveer van verkeerde inligting en waninligting baseer gereeld feite op leuens wat spesifiek deur die spesiale magte van Amerika, Brittanje, ander lede van Nato en ondersteuners van Amerika se beleid soos die Oekraïne saamgestel word,” het Klimov gesê.
Hy sê Amerika beheer driekwart van die wêreld se Engelssprekende media en versprei só politieke stellings oor die “spesiale militêre operasie” wat Rusland in die Oekraïne uitvoer.
Volgens hom is die Oekraïense president Wolodimir Zelenski ’n pop, “’n akteur en komediant wat Amerika se draaiboek lees”.
Klimov sê “die krisis is deur die gesamentlike Weste teen Rusland geskep” en “Amerika dwing die Oekraïne tot oorlog”.
“Om ons nasionale veiligheid te verseker sal ons alle maatreëls binne ons vermoë gebruik, insluitend ons kernpotensiaal,” het Klimov verder gesê.
“Amerika sal nooit oorlog teen Rusland verklaar nie. Dit sal nie dae wees nie, maar ure en ons reaksie sal soos niks vantevore wees nie,” sê hy.
Tussen Rusland en Amerika besit dié lande 95% van die wêreld se kernwapens, volgens Klimov.
“Indien enige Nato-land, soos byvoorbeeld Pole, Rusland aanval, dan begin die nagmerie vir almal. Enige Nato-land kan geteiken word, dis ’n selfdoodklub,” sê hy.
Sy boodskap aan Afrika was 'n waarskuwing van dreigende voedseltekorte op die vasteland weens die Europese Unie se besluit om Russiese vervoerroetes en finansiële transaksies af te sny.
“Die onwettige strafmaatreëls bring ’n ekonomiese tsoenami wat die wêreld sal vernietig,” het hy gesê.
Graan uit Rusland kan nie na Afrika uitgevoer word nie, en Rusland word gedwing om betaling slegs in roebel te aanvaar nadat Europese banke dié land se rekeninge gevries het.
Hy sê die sanksies is onwettig en doen 'n beroep op Afrikalande om druk deur die Verenigde Nasies toe te pas om die situasie op te los.
Oor die onrus in Oekraïne, sê hy dit sal eindig wanneer die rassistiese Nazi-groepe en huursoldate wat Amerika, Brittanje en die Weste in die Oekraïne ondersteun, ontwapen óf vernietig is.
Rusland dring ook aan dat die Oekraïne sy Grondwet van voor 2014 weer implementeer, sê Klimov. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie