Dans-dans deur die wonderwêreld van Alice en vriende
Maak gereed om weg gevoer te word na 'n sprokieswêreld van drome en verwondering, wanneer die Anchen Wille Dansakademie hul nuutste produksie, "Alice in Wonderland", aanbied.
Hierdie betowerende verwerking vir die verhoog van die geliefde Lewis Carroll-verhaal beloof om Windhoek se gehore van alle ouderdomme te bekoor met verbeeldingryke choreografie, skitterende kostuums en onvergeetlike karakters.
Die produksie bestaan uit vele talentvolle dansers wat die ikoniese rolle van Alice, die Mad Hatter, die Koningin van Harte, en die Cheshire Cat vertolk. Die gehoor kan 'n visuele fees verwag terwyl hulle Alice vergesel op haar fantastiese reis deur 'n wêreld waar niks presies is soos dit lyk nie.
Met amper 300 studente wat deelneem, sluit die produksie ook 'n wye verskeidenheid tonele in.
"Hierdie tydlose verhaal spreek mense van alle generasies aan en ons produksie poog om die verbeelding vas te vang, wat van dit 'n klassieke verhaal gemaak het," sê regisseur en choreoraaf Anchen Wille.
Die Anchen Wille Dansakademie is bekend vir hul innoverende benadering tot verhaalvertelling deur dans, wat deur 'n verskeidenheid dansvorms uitgebeeld word en gehore inspireer en vermaak. Met toewyding aan artistieke uitnemendheid en kreatiwiteit, bly die dansskool 'n dryfkrag in die uitvoerende kunste-gemeenskap.
Die dansskool herdenk vanjaar sy 20ste bestaansjaar en met hierdie produksie gaan die mylpaal verseker voluit gevier word. Deur die jare sal lesers opvoerings onthou soos Decade of Dance, Charlie and the Chocolate Factory, The Greatest Musicals en die meer onlangs, Aladdin.
Alice in Wonderland word vanaf 8 tot 17 Augustus 2024 oor agt vertonings in die Nasionale Teater opgevoer.
Kaartjies verkoop soos soetkoek en is by Waltons in die Auas Valley-inkoopsentrum beskikbaar. Op Saterdag 10 en Saterdag 17 Augustus is daar opsies vir aand- en middagvertonings. Kaartjies kos N$200 en slegs kontant word aanvaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie