Die skool op die koppie nader mylpaal

Diamantjubileum op die horison
Jeanette Diergaardt
Die Primêre Skool Van Rhyn het sy deure in 1949 geopen en was eers as Eros bekend. Die naamsverandering het in 1952 geskied toe die skool na die destydse administrateur, dr. Albertus van Rhijn, vernoem is.

’n Groot figuur in die vroeë geskiedenis was mnr. JJ Botha wat vanaf die begindae as skoolhoof aan die stuur was totdat hy op 30 Junie 1976 ná 27 jaar afgetree het.

Rol sewe dekades vorentoe en die huidige skoolhoof is mnr. Rayno Gentz, wat op 1 Mei 2021 aangestel was en dus sommer eersdaags sy eerste volle jaar in die posisie sal kan gedenk.

Tipies van menige skool wat van krag tot krag groei, het “die skool op die heuwel”, soos in die skoollied daarna verwys word, met ’n beskeie getal van skaars 224 leerlinge en sewe onderwysers begin.

Vandag, met die 75ste bestaansjaarvieringe reeds op die horison, staan die totale op 1 601 leerlinge en 50 onderwysers.

Die visie van die skool is om ’n omgewing aan leerlinge te bied wat veilig en produktief is, sowel as om harmonie tussen leerlinge, ouers en onderwysers te bewerkstellig.

Die skool streef daarna om gehalte onderrig te bied aan leerlinge om gebalanseerde individue en produktiewe burgers in die samelewing te ontwikkel.

Die visie vir gehalte onderrig is volgens Gentz se siening uiters belangrik en daar word moeite gedoen om die akademiese uitslae te help verbeter. Die ontwrigting van die Covid-19-pandemie het nie net die ekonomie van die land benadeel nie, maar het ook die onderwysstelsel ’n knou toegedien wat in die algemene verswakking in leerlinge se punte opgemerk kon word.

Van Rhyn het spesifiek ’n daling in die punte van graad 4 tot 7 ondervind. Met dié dat alle leerlinge vanweë die pandemie tot die volgende graad bevorder is, was leerlinge se punte in sekere grade nie op standaard nie.

Gentz se hoop vir die skool is dat sake spoedig na normaal sal terugkeer – spesifiek wat skole se bymekaarkoms vir verskillende sportgeleenthede betref. Die skool spog met ’n verskeidenheid van sportgeriewe – vier netbalbane, vier tennisbane en ’n rugbyveld wat ook as ’n sokkerveld dien. Al die bane word gebruik deur die leerlinge, wat meestal deur onderwysers afgerig word.

Die tradisies van die skool lê na aan Gentz se hart en in sy bewind as hoof wil hy graag die tradisies in stand hou.

“Ek probeer die sisteme in die skool onderhou op die manier waarop dit aan my toevertrou was,” sê hy. Een so ’n tradisie wat Gentz belangrik ag,is die oggend stiltetyd wat met leerlinge en onderwysers gehou word elke oggend voor die dag in volle swang is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!