Geskiedenis deel van Namib HS se trots
Toppresteerders opgelewer
By Namib Hoërskool op Swakopmund heers yslike trots, nie net in die skool se kleurryke geskiedenis nie, maar ook in die blink toekoms wat vir die skool voorlê.
’n Unieke feit van Namib Hoërskool op Swakopmund is dat die oorspronklike skoolgebou ’n erfenismonument is.
Op 18 Oktober 1913 is die skool geopen nadat die gebou agter die Swakopmund lighuis te klein geword het om die dorp se kinders te akkommodeer.
Die skool, tans onder leiding van me. Roosmaries September, is trots op sy akademiese prestasies as een van die toppresterende staatskole in die land.
Namib Hoërskool is ook een van die lede van die Sonnenkinderprojekt wat leerlinge uit ’n minder gegoede agtergrond se skoolbenodighede borg.
Namib Hoërskool is tans een van net drie hoërskole wat aan die Sonnenkinderprojekt behoort.
Toe die regering ’n paar jaar gelede aangekondig het dat hoërskoolonderrig by staatskole gratis aangebied sal word, het Namib Hoërskool soos vele ander skole met hande in die hare gesit, maar het kort daarna besluit om te sorg dat hierdie uitdaging hulle nie sal onderkry nie.
Namib Hoërskool het begin om lootjies te verkoop en deur wonderlike ondersteuning van hul gemeenskap kon die skool sedert 2017 enorme pryse in hul lootjiekompetisies aanbied.
Borge soos Gondwana Collection en Le Mirage het aan boord getree by verlede jaar se fondsinsameling.
“Dis ’n kwessie van trots vir oudleerlinge om loodjiekaartjies te koop end it is juis wat ons hiermee wil bereik. Ons wil die skool op so ’n hoë standard hou dat ouers wat die skool bygewoon het hul kinder sook met trots hierheen sal stuur,” vertel Elke Lang, ’n onderwyseres by die skool wat self daar matrikuleer het en haar drie kinders ook deur hierdie selfde skool laat matrikuleer het.
Van die merkwaardige oudskoliere wat net in onlangse jare by Namib Hoërskool gematrikuleer het, sluit in die oopwaterswemmer Phillip Seidler (Namibië se eerste Olimpiese verteenwoordiger in dié sportkode wat ’n merkwaardige 16de posisie in Tokio 2020 behaal het), die Mej. Namibië-deelnemers Andeline Wieland en Chloe Brandt; die rugbyflank Thomasau Forbes wat ’n lid van die 2019 Wêreldbekerspan in Japan was; die belowende Paralimpiese verspringer en naelloper Bradley Murere, en vele ander in.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie