Jong Namibiërs sprei hul vlerke
Sewentien Namibiërs het onlangs na die Verenigde State van Amerika (VSA) vertrek waar hulle vir ses weke aan die Mandela Washington Fellowship gaan deelneem.
Oor die komende weke sal hulle aan leierskapsaktiwiteite by 28 opvoedkundige instellings in 21 Amerikaanse state deelneem. Hulle sal uitgedaag word om met innoverende oplossings vir kwessies in hul tuislande vorendag te kom in samewerking met eweknieë van die VSA en ander Afrikalande.
Daarna sal hulle vir drie dae in die Amerikaanse hoofstad, Washington D.C., bymekaarkom vir ’n beraad waar die genootskap se tiende bestaansjaar gevier sal word.
Amerikaanse maatskappye en organisasies word na hierdie geleentheid genooi om hul werk in Afrika te deel en skouers met toekomstige Afrikaleiers te skuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie