Kinderkoor op soek na nuwe stemme
Kooroudisies word op 25 November vir Windhoek Children's Voices gehou en is oop vir alle sangers tussen die ouderdomme van 10 en 15 jaar.
Windhoek Children’s Voices bestaan uit jong sangers van regoor die hoofstad en streef daarna om koormusiek van ’n uitsonderlike standaard te skep.
Die koor is onder die dinamiese leiding van die dirigent Fanie Dorfling. Sy kore word internasionaal erken vir hul koormusiek van die hoogste standaard.
Om in die koor te sing gee kinders die geleentheid om hul stem- en musiekvaardighede onder goeie leiding te ontwikkel.
Die koor, wat in 2021 gestig is, het in Junie vanjaar hul amptelike debuut gemaak en het sedertdien saam met die wêreldbekende Tygerberg-kinderkoor opgetree en die hoogste lof ontvang.
Fanie vertel dat hulle in 'n wye verskeidenheid genres sing, van klassiek tot Afrikaans en kontemporêr.
“Windhoek Children’s Voices het groot planne om in 2023 internasionaal te toer en is op soek na die beste kinderstemme in Windhoek om by ons dinamiese span aan te sluit,” sê hy.
Oudisies vind op 25 November tussen 15:00 en 17:00 plaas. Om 'n oudisie te bespreek, WhatsApp jou kind se naam en van na 081 127 5465.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie