Trauma Retreat Advert 2023
Trauma Retreat Advert 2023

Kinders leer hoe om te rou

Veilige omgewing van ondersteuning en liefde
Hartseer en rou het 'n geweldige impak op kinders en jong tieners se lewens.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Kinders se hartseer word dikwels misgekyk, terwyl rou ’n geweldige impak in hul jong lewens op ’n sosiale, geestelike, emosionele, fisieke en spirituele vlak het.

Die traumakamp vir kinders wat vanjaar in April weer deur Legacy of Love se Sybrand en Ronel de Beer aangebied word, poog om juis op kinders se vlak aan hulle die geleentheid te gee om die hartseer te probeer verwerk en te verwoord. Die kamp is ’n veilige omgewing van ondersteuning en liefde deur middel van ’n geloofsgebaseerde program en aktiwiteite wat die kinders en ook jong tieners bemagtig met vaardighede en ’n kans om genesing.

Die traumakamp het verlede jaar plaasgevind met 16 laerskoolkinders wat dit bygewoon het.

Die kinders het dit baie geniet, vertel Ronel en het talle hulpmiddels gekry om hulle te help met hul emosies en hoe om dit te hanteer.

“Hulle het gespeel, was in die natuur en kreatief. Fanie (ds. Rias Oberholzer se handpop) het ook kom kuier,” sê Ronel.

’n Maksimum van 20 kinders kan tydens die naweek gehuisves word. Rias is vanjaar weer deel van die kamp as bedieningsleier wat ook die preek die Sondag sal lei, terwyl hy ook betrokke is by gesprekke met tieners.

“Sybrand gaan fokus op onder meer herinneringe en spesiale oomblikke en om betekenis in die lewe te vind; die sielkundige konsultant Monique Dames oor hoe om gevoelens en emosies te hanteer; Ronel op die proses van hartseer en hoe om dit te verstaan asook die skryf van ’n spesiale brief vir die geliefde wat die kinders verloor het; terwyl die jeugleier en lewensafrigter Francois Dames die kinders in die natuur touwys maak oor hoe om na hulself om te sien en ’n helende uitlaatklep te vind. Die sielkundige Analja Wellbach sluit haar ook by die span aan.

Sy en Sybrand speel eintlik voogde vir die kinders, vertel Ronel, maar omdat hulle deur die joernale van rou gewerk het wat sy saamgestel het, weet hulle al hoe en wat om in samewerking met die sielkundiges te hanteer.

Vir die kamp op 15 en 16 April vir kinders van 7 tot 12 jaar, hang dit af van die kinders of hulle ’n volwassene wil saambring.

“Gewoonlik wil kinders van sewe tot tien jaar hul ouers by hulle hê.”

Elke kind kry na afloop van die kamp ’n troetelboks met onder meer ’n roujoernaal.

Die kamp vir tieners van 13 tot 16 jaar is op 1 en 2 April.

Vir meer inligting kan Ronel by 081 366 6456 gekontak word of stuur ’n e-pos aan [email protected].

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!