Krieketpret vir kinders landswyd
“Van die bekendstelling van die basiese beginsels tot om die vreugde van die spel te deel – ons plant die saadjies van krieket in nuwe gemeenskappe.”
Só sê Krieket Namibië oor sy ontwikkelingspan se besoek aan die Kunenestreek waar hulle verlede week talle kinders aan die pret van krieket blootgestel het.
Dié besoek vorm deel van die Ashburton Kwata-inisiatief wat jong kinders – beide seuns en meisies – oraloor die land aan die spel van mini-krieket in ’n prettige en veilige omgewing blootstel.
Ashburton Kwata-krieket fokus op ’n vereenvoudigde vorm van krieket wat aktiwiteite en speletjies insluit. Kwata-krieket gebruik sagte balle en slegs basiese kriekettoerusting. Dit kan maklik op enige oppervlak gespeel word; geen veld word vereis nie.
“Kwata-krieket kan dus maklik in enige gemeenskap geniet word,” het Krieket Namibië op sy webtuiste oor die inisiatief gedeel.
Kwata-krieket poog om die grondslag te lê vir ’n lewenslange belangstelling in krieket asook om die vele lewensvaardighede en beginsels in sport oor te dra.
“Hierdie lewensvaardighede en -beginsels sluit in respek, dissipline, spanwerk, selfagting en besluitnemingsvaardighede wat alles tot kinderontwikkeling bydra.”
OOK IN SKOLE
Dié inisiatief word landswyd geïmplementeer en word aan jong seuns en meisies vanaf graad 1 tot 4 aangebied.
Ontwikkelingsafrigters werk ook in vennootskap met plaaslike skole en onderwysers om Kwata-krieket in talle skole landswyd te implementeer.
“Die speletjies van Kwata-krieket word gereeld in die liggaamlike opvoedingklasse in deelnemende skole aangebied.
“Baie van die geteikende skole is in die armer gemeenskappe geleë. Ongeveer 10 000 kinders neem tans op ’n weeklikse basis aan Kwata-krieketaktiwiteite deel.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie