Musiekkonsert ten bate van kinders
ACD Trust bied topvermaak vir sy boekieprojek
Die ACD Trust wat vroeër vanjaar gestig is, se eerste fondsinsameling word deur gerekende musikante ondersteun.
Die melodieë gaan op 20 en 21 Mei in die WHS FNB Vegkopstadion weerklink ten bate van minderbevoorregte kinders in Namibië met die “Sounds of Caring” musiekfees.
Die Suid-Afrikaanse sanger Adam Tas sal saam met sy ewe bekende Namibiese eweknieë Vaughn Ahrens en Riaan Smit vir die vermaak sord.
Kaartjies wat vooraf gekoop word, sal N$200 beloop, of N$250 by die ingang.
Die Afrikakind Bevorderingstrust (ACD Trust) se geleentheid word in samewerking van Namibia Media Holdings, die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, Unicef, Bank Windhoek se Capricorn Foundation, Nova FM en die Amos Meerkat Sillabus aangebied.
Die ACD Trust is gebore uit NMH se projek van skoleboekies wat gedurende die Covid-19-grendeltydperk in Republikein, Namibian Sun en Allgemeine Zeitung versprei is, met die ondersteuning van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur.
Tot dusver is 12 miljoen boekies in ’n wye verskeidenheid Namibiese tale deur NMH en sy vennote landwyd versprei.
’n Span toegewyde onderwysers van die hoofstad het hul beste gegee om te verseker dat die boekies nie net vir die Namibiese kurrikulum aangepas is nie, maar ook dat dit vir elke Namibiese kind verstaanbaar sal wees.
Hoewel die Covid-grendeltyd intussen iets van die verlede is, het die ACD Trust hom steeds daartoe verbind om vir die volgende drie jaar steeds hierdie boekies te versprei.
Die ACD Trust is gestig as ’n niewinsgewende organisasie wat fondse vir die skoolboekprojek insamel. Alle opbrengste van die “Sound of Caring” geleentheid sal na die ACD Trust gaan.
Op albei dae open die hekke om 16:00 en optredes begin om 19:00.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie