My Zone-span durf die pad aan
Network Media Hub (NMH) se jeugtak, My Zone, maak gereed vir sy tweede jaarlikse Media Roadshow, wat gister by Standard Bank Namibia se hoofkantoor in Windhoek afgeskop het.
Dié inisiatief word vanjaar deur Pupkewitz Motors ondersteun en het ten doel om meer as 400 leerlinge van skole oraloor die Otjozondjupa-, Hardap-, ||Kharas-, Omaheke-, Oshana-, Kavango-Oos- en Oshikotostreek te bereik.
Die doel van hul besoeke is om leerlinge met vaardighede toe te rus in onder meer etiese joernalistiek, die bestuur van sosiale media en televisieproduksie.
Onder die tema “Navigating through Creative Storytelling” poog die inisiatief om kreatiwiteit aan te moedig en jong storievertellers te bemagtig om in die mediabedryf te floreer.
“Die Media Roadshow sal meer as 300 leerlinge raak met onskatbare kennis van joernalistiek. Hierdie platform oorbrug die gaping tussen stedelike en landelike jeug, bevorder samewerking en kreatiwiteit en beklemtoon media-etiek en sosialemediabestuur,” sê die hoof van My Zone, Enzo Amuele.
Pupkewitz Toyota verskaf voertuie aan die My Zone-span om hulle in staat te stel om skole landswyd te bereik.
“Hierdie inisiatief gaan oor meer as net mobiliteit. Dit gaan daaroor om kinders te bemagtig met kennis wat hulle in die toekoms kan gebruik om Namibië ten goede te verander,” het Pupkewitz Toyota se handelsmerkbestuurder, Shawapala Kandjabanga, gister gesê.
Die inisiatief sou nie moontlik wees sonder die bydraes van sleutelborge, insluitend Standard Bank, Robiyati Distributors, Coca-Cola en NMH, nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie