• Tuisblad
  • Jeug
  • ‘Namibiërs te afhanklik van regering vir werk’
DEPENDANCY: Minister of Urban and Rural Development Erastus Uutoni said that the dependency syndrome of Namibians on the government is too much.
DEPENDANCY: Minister of Urban and Rural Development Erastus Uutoni said that the dependency syndrome of Namibians on the government is too much.

‘Namibiërs te afhanklik van regering vir werk’

So sê minister Erastus Uutoni
Met verwysing na die groenwaterstofsektor het die minister gesê die regering het reeds sy standpunt duidelik gemaak en mense moet hierdie geleentheid aangryp.
Yandi Du Plessis
Enzo Amuele – Namibiërs is te afhanklik van die regering vir werksgeleenthede, het Erastus Uutoni, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, aangevoer.

Uutoni, wat verlede week by die herdenking van Afrikadag van Desentralisasie, Plaaslike Bestuur en Plaaslike Ontwikkeling by Okahao in die Omusatistreek gepraat het, het gewaarsku dat die regering nie alle gegradueerdes in diens kan neem nie en het graduandi aangemoedig om beroepskursusse te volg om vaardighede te kweek en werk te skep.

“Die wêreld fokus vandag op besigheid en nie afhanklikheid nie; regerings in baie lande het nie baie mense in diens nie. Die kultuur in Namibië fokus meer op die regering,” het hy gesê.

WEES INNOVEREND

Hy het ’n beroep op jong Namibiërs gedoen om innoverend te wees en geleenthede te ondersoek om Namibië se ekonomiese status te help handhaaf, en het beklemtoon dat jong burgers in ander lande op hulself staatmaak om werk te kry en besighede op die been te bring.

“As jy net stilstaan terwyl jy ’n graad het en jy is steeds afhanklik van die regering, sal jy jouself op die ouderdom van 50 bevind en jy doen niks,” het Uutoni benadruk.

Uutoni het daarop gewys dat mense van ander lande na Namibië kom omdat hulle handelsgeleenthede hier sien, terwyl Namibiërs dikwels kla oor buitelanders wat produkte hier verkoop.

“As jy buite die land wil handel dryf, versterk julle besighede plaaslik en maak seker julle vervaardig ’n gehalteproduk, anders, as dit nie van gehalte is nie, sal dit nie kopers buite Namibië lok nie,” het hy gesê.

OPBOUENDE OMGEWING

Uutoni het erken dat die regering die verantwoordelikheid het om ’n gunstige omgewing vir die bedryf van besighede in die land te skep.

“Wanneer die regering sê daar is ’n geleentheid iewers, moenie huiwer nie en hardloop in die rigting waarin die regering wys,” het hy gesê.

Met verwysing na die groenwaterstofsektor het Uutoni gesê die regering het reeds sy standpunt duidelik gemaak en mense moet hierdie geleentheid aangryp.

“Wanneer die regering ’n gunstige omgewing skep, is dit vir mense om op te tree,” het hy beklemtoon.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!