Natuurkursus vir jonges dié wintervakansie aangebied
Unieke geleentheid vir tieners
'n Basiese noodhulpkursus sal die deelnemers nie net 'n balkie en 'n sertifikaat besorg nie, maar 'n voorsprong bo die ander kinders.
Wil jy hê jou kind moet basiese oorlewingsvaardighede - soos hoe om ‘n skuiling te vind of te bou, kos te vind en hoe om ‘n vuur te maak sonder vuurhoutjies of ‘n aansteker - aanleer? Dink jy dit is nodig dat jou dogter of seun van die inheemse bome, soogdiere, voëls en slange kan uitken en weet wat om te doen wanneer hulle van dié diere in die natuur teëkom?
Gee jou kind(ers) dan die unieke geleentheid om deel te neem aan die tweede Intelligence Support Against Poaching (ISAP) Junior Ranger-kursus vanaf 19 tot 26 Junie.
By die ISAP-kamp, wat op ‘n wildplaas van 10 000 hektaar noordwes van Okahandja geleë is, sal die jongmense beide teoretiese sessies en praktiese sessies in die bos bywoon. Die kinders sal leer om hul sintuie meer akuut te gebruik en sal dissipline moet toepas.
Die kinders, tussen die ouderdomme van 13 tot 18 jaar, sal vir net meer as ‘n week sonder hul selfone moet klaarkom, hul uithouvermoë tydens 2,4 km-drafsessies kan wys en toets en leer om as ‘n span te werk. Hulle hoef nie teen die ander kinders mee te ding nie, net teen hulself.
‘n Basiese noodhulpkursus sal die deelnemers nie net ‘n balkie en ‘n sertifikaat besorg nie, maar ‘n voorsprong bo die ander kinders by die skool en waardevolle kennis vir die res van hul lewens gee.
Kompas- en kaartleesvaardighede, radiokommunikasie, waarneming en stille kommunikasie vorm ook deel van die program. Die kursus is ‘n avontuur, ‘n uitdaging, bring kennis in die sak en is belangrik vir bewaring in Namibië.
Die kinders sal in tente slaap, en ISAP-personeellede en instrukteurs en ‘n gekwalifiseerde paramedikus sal deurentyd teenwoordig wees.
“Die belangrikste ding wat ek geleer het, was respek en om instruksies te volg – selfs wanneer jy nie lus het nie. Met respek bedoel ek om na mekaar te luister, die reëls te gehoorsaam en instruksies te volg,” het een van die deelnemers van die eerste ISAP Junior Ranger-kursus gesê.
’n Ander voormalige kursusganger het bygevoeg: “Die belangrikste ding wat ek geleer het, was goeie kommunikasie, nie net teenoor mense nie, maar ook om met diere te kommunikeer! Nog iets wat ek geleer het, is dat diere nie gevaarlik is nie.”
Die koste vir die kamp beloop N$5 890 per student: N$736,25 per dag, alle etes, verblyf en aktiwiteite ingesluit.
Rig enige navrae aan [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie