Engela Genis saam met Netwerk Namibië se voorsitter, Wilmar Fourie. Foto verskaf
Engela Genis saam met Netwerk Namibië se voorsitter, Wilmar Fourie. Foto verskaf

Netwerk ondersteun onderwysstudent

Iréne-Mari van der Walt
’n Tweedejaarstudent vir grondslagfase-onderwys aan die Akademia-universiteit se Pretoria-kampus, Engela Genis, is die eerste student wat deur Netwerk Namibië se studiefonds ondersteun word.

Genis sal vir twee jaar N$30 000 per jaar vir haar studies ontvang.

“Haar uitstekende akademiese prestasies het ons verseker van haar toegewydheid tot onderwys.

“Sy sal sonder twyfel ’n aanwins wees vir die Namibiese onderwysstelsel,” lui ’n verklaring van Netwerk Namibië.

Netwerk Namibië het in 2023 drie fondse gestig; ’n studiefonds, onderwyshulpfonds en geskiedenisfonds.

“Ons oogmerk is om ’n verskil te maak in die kwaliteit van Afrikaanse onderwys in Namibië en om verdienstelike studente die geleentheid te gee om die nodige opleiding te ontvang.

“Met die geskiedenisfonds is ons van plan om die storie van Afrikaans te vertel, sodat almal weet waar die taal vandaan kom, en hoe dit na Namibië gekom en gegroei het,” lui die verklaring.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer