Opwindende inisiatief vir jong modelle
Twaalf jong Namibiërs tussen die ouderdomme van 10 en 19 vertrek Sondag om opleiding aan boord ’n MSC-passasierskip in onder meer modelwerk te ontvang.
Project Aim is ’n opwindende nuwe inisiatief wat ontwerp is om deure vir alle aspirant-modelle van sewe jaar en ouer oop te maak.
Volgens die direkteur van Figures Models Namibia, Juanita Koen, bied dit ’n geleentheid vir modelle om ervaring op te doen, die wêreld te verken en hul portefeuljes op te bou.
“Ons glo Namibiese modelle beskik oor ’n unieke mengsel van skoonheid, professionaliteit en veerkragtigheid wat sterk by internasionale gehore sal aanklank vind.”
Mia Coetzee (19), Faizah Bwalya (19), Le-Roshaan Julius (15), Jay-Lynn Husselman (16), Jayln Vilander (16), Louw Zwart (17), Zuriel Campbell (19), SJ Goosen (11), Mila Swiegers (10), Dorakatia Negongo (10), Louwrens van Zyl (18) en Janine Esterhuizen (18) vertrek Sondag en gaan Maandag aan boord die MSC-skip.
Die jong aspirant-modelle keer op 8 Maart terug na Namibië.
AFGERONDE INDIVIDUE
Die doel van Project Aim is om verder te gaan as tradisionele modelwerk deur te fokus op die kweek van afgeronde individue wat toegerus is met die vaardighede en selfvertroue om in ’n vinnige, internasionale omgewing te floreer.
Deelnemers sal intensiewe opleiding ontvang wat nie net looptegnieke en maniere van poseer insluit nie, maar ook noodsaaklike lewensvaardighede soos kommunikasie, etiket en kulturele sensitiwiteit.
Deelnemers sal ook die geleentheid kry om hul talente voor internasionale modelagente ten toon te stel.
“Hierdie is meer as net ’n modelkompetisie, dit is 'n belegging in die toekoms van Namibiese talent,” meen Koen.
“Ons glo hierdie program sal nie net suksesvolle modelloopbane van stapel stuur nie, maar ook bydra tot die groei van Namibië se kreatiewe bedrywe en ons nasie op ’n globale skaal bevorder.”
Figures Models Namibia is ’n modelakademie en -agentskap wat toegewy is aan die ontdekking en ontwikkeling van uitsonderlike talent in Namibië.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie