Strewe na ’n skool van uitnemendheid

Skool se leuse is ‘Ora Et Labora’
Junior Kapofi
Die M.H. Greeff Primêre skool streef daarna om uitnemende onderrig te bied. Die skool is in Khomasdal se MU Greefstraat geleë.

Die primêre skool is na Martin Hermanus Greeff vernoem en het op 9 Oktober 1936 sy deure oopgemaak. Mnr. George Kandetu is tans in beheer van die skool.

Die skool se deure is al meer as 80 jaar oop en bied steeds gehalte-onderrig aan hul leerlinge in pas met die skoolleuse, “Ora Et Labora”, wat Latyns is vir “Ons bid en werk”.

Die skool se kernwaardes sluit geloof in die Almagtige Here in. Dit word elke Maandagoggend tydens die skool se groot byeenkoms beoefen, sowel as tydens kleiner byeenkomste en oggendgebed in klasse of oggendbyeenkomste.

Ander waardes sluit in lojaliteit, respek en sukses, asook om verdraagsaam te wees, veral teenoor kulturele diversiteit in Namibië, en om altyd na die omgewing om te sien.

M.H. Greeff verbind hulself om te alle tye hoë gehalte-onderwys te verskaf, sowel as om vir leerlinge 'n goeie morele voorbeeld te stel, en om 'n goeie werksverhouding met ouers te handhaaf. Die personeel verseker elke dag dat die skool ’n veilige omgewing vir leerlinge skep.

M.H. Greeff betrek hul leerlinge ook by ‘n verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite, soos ’n netbalklub waar leerlinge hul sporttalente kan ten toon stel.

Die skool het ook 'n sokker- en krieketspan wat sorg vir 'n verskeidenheid sportkodes waaraan leerlinge kan deelneem.

Sport is nie die enigste buitemuurse aktiwiteit wat by M.H. Greeff aangebied word nie. Die skool het ook 'n dramaklub waar kunssinnige leerlinge hulself kan uitleef, Moet ook nie die ondersteuners vergeet wat altyd die skool se jaarlikse pretloop terdeë geniet nie. Dis ’n dag waar die ouers, leerlinge en onderwysers by die skool saamkom om groot pret te hê.

Die skool se dramaklub beeld gewoonlik die viering van spesiale dae uit om ’n visuele prentjie aan die gehoor te verskaf. Hierdie sluit onder meer Onafhanklikheidsdag, Heldedag en Kersvertonings in waar die leerlinge hulself deur middel van teater kan uitdruk.

Die M.H.Greeff Primêre Skool het onlangs 'n preprimêre skool geopen waar voorskoolse leerlinge hul skoolloopbaan kan begin. Dit gee dié leerlinge kans om hulself vir graad 1 voor te berei.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!