’n Dekade van jeugbemagtiging
Network Media Hub (NMH) se jeuggesentreerde handelsmerk, My Zone, het op 12 Februarie sy eerste dekade gevier.
Die feesvieringe is egter uitgestel uit respek vir wyle Sam Nujoma, maar dié dinamiese groep het gister hul 10de verjaardag herdenk met ’n laatontbyt in Windhoek.
Wat in 2015 as NMH se skolekoerant-projek begin het, het later tot ’n jeugnuushandelsmerk gegroei.
Dié handelsmerk sluit nou 58 skoolkoerante in, asook nege TV-programme, verskeie spesiale uitsendings – wat wissel van matriekafskeidgeleenthede en matriekuitslae tot e-sport en ’n virtuele loopbaan-ekspo – sowel as twee weeklikse publikasies wat onderskeidelik rondom die jeug en sorg gefokus is.
Rivaldo Kavanga, ’n finalejaar-regstudent en voormalige intern vir die My Zone-program, het by die geleentheid gedeel dat hy steeds die ervaring en vaardighede gebruik wat hy deur hierdie program opgedoen het, al is hy nie meer in die mediabedryf betrokke nie.
“Die jeug het nie die ervaring om in vertrekke te kom waar belangrike gesprekke plaasvind nie. En al het jy wel die ervaring, is daar dikwels ’n persoon wat jou keer om in te gaan.”
“Ons het net mense nodig om die jeug ’n kans te gee,” sê hy oor die potensiaal wat My Zone het om die jeug ’n voet in die deur van die arbeidsmag te gee.
– republikein@republikein

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie