Bome word nog gestroop
Katharina Moser – ’n Voorval naby Outjo het weer die aandag op die onwettige oes van bome in Namibië gevestig.
Die minister van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein, het aan die begin van die week die voorval in die sosiale media bevestig. Die bome is glo deur houtskoolprodusente afgekap.
“Dit is ’n oortreding van bosbouregulasies en kan beslis nie volhoubare benutting genoem word nie,” sê Schlettwein.
“My hart bloei om te sien hoe bome van honderde jare vir vinnige geld afgekap word.”
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het op die jongste voorval gereageer.
“Ons weet van die voorval. Dit is verlede maand by ons aangemeld. Ons werkers het ondersoek gaan instel, maar hulle kon net die boomstompe vind en nie die afgekapte bome nie,” het die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, gesê.
Altesaam sewe boomstompe is gevind met ’n omtrek wat groter is as wat wettig vir houtskoolproduksie toegelaat word.
“Soos die minister al vantevore gesê het, is dit vir die ministerie kommerwekkend dat sulke groot en ou bome afgekap word. Ons doen ’n beroep op houtskoolprodusente om by die reëls te hou.”
Die Regshulpsentrum (LAC) het ook gereageer en die regsituasie rakende bosbou in Namibië in ’n brief uiteengesit.
Gevolglik word dié situasie in die Namibiese Grondwet, die Wet op Bosbou van 2001 en die Wet op Omgewingsbestuur no. 7 van 2007 omskryf.
Weens die geleidelik toename in die onwettige gebruik van woude, het die regering in 2018 ’n moratorium ingestel wat ontbossing gestaak het.
Die moratorium is steeds van krag, maar sekere uitsonderings word gemaak indien die aansoeker plaaslike waardetoevoeging vir die houtproduk kan bewys.
Die LAC definieer dus die stroping van bome soos volg: “As enige wet in enige stadium in die houtverskaffingsketting oortree word, word die afkap van bome as onwettig beskou. Dit is byvoorbeeld onwettig om hout met ’n onwettig lisensie of in ’n beskermde gebied te oes; om meer as die toelaatbare kwotas te oes; om hout sonder die nodige lisensies te verwerk; om werkers onwettig in diens te neem; om nie belasting te betaal nie; of om die hout uit te voer sonder om uitvoerbelasting te betaal.”
“Die onwettige oes van bome het ’n verskeidenheid oorsake, maar is gewoonlik as gevolg van breër bestuursprobleme, soos 'n kombinasie van ondoeltreffende wette, swak instellings, korrupsie of ’n gebrek aan wetstoepassing.
Die LAC stel voor om meer beskermde gebiede te vestig, 'n bosboubestuursplan te ontwikkel, bome te plant, minder skadelike houtkaptegnieke te gebruik en hout met ander materiale te vervang. Boonop word oortreders volgens die huidige wetgewing nie streng genoeg gestraf nie.
“Ingevolge huidige wetgewing is die maksimum straf vir onwettige afkap van bome N$8 000, of tronkstraf van tot 24 maande, of beide. Maar in die meeste gevalle oorskry die waarde van die onwettig gekapte hout die maksimum boete by verre. Die huidige strawwe is nie werklik ’n afskrikmiddel nie,” lui die verklaring.
“Hierdie situasie illustreer die gebrek aan politieke wil om die onwettige oes van bome te takel en moedig oortreders aan om voort te gaan. Daar is 'n dringende behoefte om strafmaatreëls uit te brei om die waarde van die gestroopte produk beter te weerspieël.”
Intussen het die parlement se staande komitee oor natuurlike hulpbronne vanaf Dinsdag tot Donderdag die Kunenestreek besoek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie