Drie besighede het ’n hupstoot gekry by vanjaar se OM SEED-kompetisie in die Zambezi-streek. Foto verskaf
Drie besighede het ’n hupstoot gekry by vanjaar se OM SEED-kompetisie in die Zambezi-streek. Foto verskaf

Drie Zambezi-besighede slaan groot pryse los

Iréne-Mari van der Walt
Met sy toewyding tot voedselsekuriteit het Masule Branden Nchindo en sy onderneming, BM Success Investment, die Old Mutual Namibia Foundation se volhoubare ekonomiese bemagtigings-initiatief vir 2024 (OM SEED) se topprys van N$50 000 losgeslaan.

“Om die eerste prys te wen is ’n droom wat waar geword het. Hierdie ondersteuning sal BM Success Investment in staat stel om ons bedrywighede uit te brei en meer gemeenskappe met vars produkte en gehalte pluimvee te bereik. Ek is daartoe verbind om ’n blywende impak op ons streek se voedselsekerheid te maak,” het Nchindo gesê.

Ludimu Investments se Mercy Kachaka het die tweede prys (N$30 000) gewen met haar onderneming, wat fokus op die vervaardiging van vrugtesap van plaaslike vrugte, en haar restaurant wat plaaslike geure in Katima Mulilo bedien en ’n gesonde leefstyl bevorder.

“Hierdie erkenning is ongelooflik lonend. OM SEED het ’n platform verskaf wat Ludimu Investments kan ophef. Ek is opgewonde om voort te gaan om voedsame kos en drank aan te bied wat plaaslik verkry word en die ryk geure van ons streek vier,” het sy gesê.

In die derde plek (N$20 000) is Beaven Simasiku Mulijani met die Zambezi Firewood Project, wat hout verkoop en houtskool vervaardig. Die projek takel die streek se behoefte aan volhoubare energiebronne en dra by tot omgewingsbewaring.

“Om hierdie toekenning te ontvang is ’n merkwaardige mylpaal for die Zambezi Wood Project. Met OM SEED se ondersteuning sal ons vervaardigingsvermoë verbeter en volhoubare energie-oplossings in ons gemeenskap bevorder,” het Mujilani gesê.

Old Mutual se woordvoerder, Mignon du Preez, het by die geleentheid gesê: “Die entrepreneurs van die Zambezistreek simboliseer die veerkragtigheid en kreatiwiteit van ons nasie. Hul reise demonstreer die transformerende potensiaal van inisiatiewe soos OM SEED in die bevordering van ekonomiese groei, innovasie en die bemagtiging van gemeenskappe.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...