Eerste reënval vir November
Ellanie Smit – Die eerste naweek van November is begroet met welkome reën wat Sondag en vroeg gisteroggend oor die meeste dele van die land uitgesak het, wat ook die uiters warm temperature wat verlede week ervaar is, verbreek het.
Plasings op die Facebook-blad Reën in Namibia oor reënvalsyfers wat gemeet is, het van oraloor Namibië ingestroom.
Volgens Gavin van Rooi het hy gisteroggend 12 mm reënval op ’n plaas 15 km oos van Rehoboth gemeet, terwyl Brigitta Reiermann Kaempffer sê dit het sedert Sondag vanaf Sossusvlei tot by Duwisib-kasteel, sowat 70 km suidwes van Maltahöhe, gereën. Sy sê Aus het net ’n bietjie reën ontvang.
ERONGO
Intussen is 7 mm reën Sondag by Usakos aangeteken en Hentiesbaai en Swakopmund het ook ligte reënval ontvang.
Van die paaie in Walvisbaai was Sondagaand ook onder water nadat dit op die dorp gereën het. Volgens Moiselle Klein het sy Sondag 2,5 mm reën in Walvisbaai gemeet.
Monja Kühne sê sy het gisteroggend 11 mm reën in Karibib gemeet, en Bobby Griebel 12 mm.
SENTRAAL
In Windhoek sê Hannes Krynauw dat hy gisteroggend 15 mm reën in Pionierspark gemeet het, terwyl Jan Kirsten 12,5 mm reën in Ludwigsdorf en Izak Visser 15 mm reën in Prosperita aangemeld het.
Peter de Koning het 16 mm reën gemeet, Barbara Blätter 17 mm in Suiderhof, Katta Steyn 17 mm in Olympia, terwyl Adell Malan sê 10 mm reën het op die Dordabis-pad, oos van Windhoek, geval.
Die voorspelling deur
Die Namibië Meteorologiese Dienste se weervoorspelling vir vandag dui daarop dat dit sonnig en warm tot baie warm in die noordweste sal wees, elders gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie in die Zambezistreek en in die suidooste.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie