Haal daardie videokamera uit – en wen!

Stuur voor einde Januarie 2024 jou natuur-, mense- of troeteldier-video om ‘n lekker kontantmeevaller los te slaan.

Wenners in die twee afdelings van Kletskompas se videokompetisie ontvang N$1 000 elk.

Hou dit kort (nie langer as ‘n minuut nie) en kreatief. Jy kan ook ouer video inskryf.

November se eerste rondte het uitstekende materiaal opgelewer. Van die uitsonderlike gesig van ‘n metoor wat oor die Suide in die hemelruim verbrokkel tot die seldsame olifantmuis, kosbare kleuteroomblikke en ‘n tarentaal wat sy hondemaat die wêreld vol jaag.

Pryse is as volg toegeken:

“Ons land, ons natuur” – George van Deventer N$1 000, Ilouwna Vermeulen N$500 en Martina Baumann N$250.

“Mense, hul diere en dinge” – Megan Wise N$1 000, Amoré Von Flotow N$500, Elzette Diedericks N$250.

Die beoordelaars is filmmaker Renier de Bruyn, vermaaklikheidskunstenaar Lize Ehlers en toerismeman Willie Olivier.

Die kortpad om in te skryf:

Wenk: Heg op die rekenaarweergawe van WhatsApp jou video as dokument aan om die beste kwaliteit te verseker.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!