Invoer van derduisende ton graan nodig
Namibië spog met ‘n rekord mielie-oes
Voedselonsekerheid in sommige streke verwag
Namibië moet steeds meer as 160 000 ton graan invoer om sy binnelandse behoeftes vir die huidige bemarking- en verbruiksjaar te kan dek.
Die Oesvooruitsigte en Voedselsekerheid-situasieverslag vir Julie wat pas deur die landbouministerie vrygestel is, sê na raming is 168 700 metrieke ton graan vir die 2022-2023 bemarking- en verbruikstydperk in Namibië plaaslik beskikbaar. Hierdie tydperk strek van 1 Mei 2022 tot 30 April 2023.
Dié beskikbare totale bestaan uit 28 100 ton koring, 89 100 ton witmielies en 51 500 ton pêrelgiers en sorghum – maar dis net sowat 45% van die binnelandse graanbehoefte van 373 400 ton en daarom is ’n bykomende 204 600 ton nodig om die tekort te dek.
Die graansoorte wat ingevoer sal moet word, bestaan uit 61 300 ton koring, 108 900 ton mielies en 34 500 ton pêrelgiers en sorghum.
“Hierdie tekort sal na verwagting onder normale omstandighede deur kommersiële invoer gedek word.”
Ten tyde van die verslag is altesaam 40 000 ton growwe korrels van Mei tot Junie 2022 ontvang, wat uit 33 300 ton koring en 6 800 ton mielies bestaan.
Daar was geen invoer van pêrelgiers/sorghum gedurende daardie tydperk nie.
“Soos dit nou staan, is daar steeds ’n totale tekort van sowat 164 600 ton graan wat gedurende die 2022/2023-bemarkingsjaar deur kommersiële invoer gedek moet word.”
In die verslag sê die Namibiese Agronomiese Raad die verskaffing van koring aan Namibië uit Europese lande, spesifiek Rusland en Oekraïne, is erg deur die oorlog tussen laasgenoemde twee benadeel.
“Namibië voer tans net koring uit Suid-Afrika in, maar die invoerpryse is baie hoog.”
“Hierdie hoë pryse word hoofsaaklik deur verbruikers gevoel, veral op koringbyprodukte en sonneblomolie.”
Intussen het Suid-Afrika, waar Namibië die meeste van sy mielie-invoer kry, ’n verminderde oes van 13,13% teenoor verlede seisoen aangeteken. Volgens die South African Monthly Food Security Bulletin Junie 2022 is dié oes steeds voldoende vir beide plaaslike en uitvoerbehoeftes.
Me. Loide Uahengo, die Namibië Akkerbouraad (NAB) se bestuurder van markontwikkeling, het egter aan Elvira Hattingh gesê die verslag se syfers verwys na die vooraf oesvooruitskatting en dat, wat die nasionale mielie-oes betref, ’n veel groter oes gerealiseer het as wat aanvanklik geskat is.
“Ons verwag om teen die einde van die oesseisoen, teen 1 Oktober, ’n nasionale mielie-oes van net minder as 100 000 ton te hê. Dit bly ’n rekordoes soos Namibië nog nooit vantevore gesien het nie,” het sy gesê.
Sy sê tot dusver is 80 000 ton mielies reeds plaaslik bemark.
Tans is die grense ook toe vir mielie-invoere, sodat binnelandse voorraad eers benut kan word, voor die grense weer vir invoere oopgestel sal word.
Tussen April en die einde van Augustus is reeds 26 000 ton mielies ingevoer, het Uahengo gesê.
VOEDSELSEKURITEIT
Intussen sê die verslag die huishoudelike se voedselsekerheidsituasie in Namibië het effens verbeter, ná die onlangse hoofoes sedert die begin van Mei vanjaar, in die groot gewasproduserende streke van die land.
“Elders in die land is voedselsekerheid bevredigend in gebiede waar beter reënval ontvang is.”
Brandpunte van voedselonsekerheid word egter in streke soos Kunene, Zambezi, die noord-sentrale dele en Erongo verwag, spesifiek as gevolg van wisselvallige reënval wat in daardie gebiede ontvang is en die vroeë einde van die reënvalseisoen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie