Kiekiekompetisie: Nuwe wenner aangewys

Kristien Kruger
Nadat ons Maandag die wenner van ons kiekiekompetisie aangekondig het, het dit aan die lig gekom dat die wenfoto wat Stefan Rossouw ingeskryf het nie sy eie foto was nie.

Ondanks die feit dat Rossouw bevestig het dat die foto sy eie is, is dit in werklikheid deur die talentvolle fotograaf, Daniel Kordan, geneem. Kordan is ’n bekende landskapfotograaf wat in Bali gebaseer is en hy het die betrokke foto verlede maand in Namibië geneem.

Ons vra opreg om verskoning aan al die ander deelnemers wat onderwerp is aan die onreg wat Rossouw veroorsaak het. Hy word gediskwalifiseer van die kompetisie en enige toekomstige kompetisies en sal nie die prys ontvang nie.

NUWE WENNER

Ons wil van die geleentheid gebruik maak om ons nuwe wenner, Hester Steenkamp, ​​geluk te wens.

Haar foto is verlede maand as Republikein se tweede gunstelingfoto gekies en ná Rossouw se diskwalifikasie het sy opgeskuif na die eerste plek. Sy wen dus die prys van ’n naweekwegbreek geborg deur Enjoy Travel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!