Kom ons k(l)iek!

Stuur jou foto en wen ‘n wegbreek
'n Nuwe kiekiekompetisie word môre bekend gestel.
Kristien Kruger
Republikein se gewilde lesersfotokompetisie trek binnekort ’n nuwe baadjie aan en die opgekikkerde kiekiekompetisie sal môre om 17:00 by die Toerisme Ekspo bekend gestel word.

Vanaf Mei sal daar ’n maandelikse wenner aangewys word wat ’n naweekwegbreek sal wen. Die wenner van elke maand sal in aanmerking kom vir ’n groot prys wat by volgende jaar se ekspo aan die algehele wenner oorhandig sal word.

Hoewel gehalte en fotografiese toepassing in ag geneem word tydens die beoordeling van foto’s, is die kompetisie opsoek na foto’s wat uitstaan, die perfekte oomblik vasvang of emosie uitbeeld.

Enigiets van ’n skouspelagtige landskapfoto tot ’n ougat troeteldier word aanvaar.

Elke deelnemer kan slegs een foto per maand via WhatsApp of e-pos inskryf en inskrywings sal vanaf 1 Mei 2024 aanvaar word. Die wenfoto sal op die laaste dag van elke maand aangekondig word en op Republikein se voorblad verskyn.

HOE OM DEEL TE NEEM

Stuur jou foto via WhatsApp na 085 785 6231. Wag om ’n boodskap terug te ontvang en kies dan “lesersbydraes” op die kieslyn. Kies daarna “lesersfoto”, heg jou foto aan en stuur.

Ons raai WhatsApp-gebruikers aan om die HD-funksie te gebruik om ’n foto op hierdie platform te stuur om die kwaliteit van die foto te behou. Foto’s kan ook per e-pos na [email protected] gestuur word.

REËLS

Deelnemers kan slegs foto’s inskryf wat hulleself geneem het. Geen foto’s kan namens ander fotograwe ingeskryf word nie.

Die maand se wenfoto word deur Republikein se hoofredakteur gekies en die besluit is finaal.

Foto’s sal op Republikein se sosialemediaplatforms gedeel word, maar die wenner word nie op grond van “likes” gekies nie. Let ook op dat nie al die foto’s noodwendig op die platforms gedeel word nie.

Deur deel te neem bevestig jy dat Republikein jou inskrywing kan publiseer (in druk/aanlyn) en dit vir bemarkings- en kommersiële doeleindes op ’n redelike en billike wyse kan gebruik. Wenners moet ook bereid wees om die kompetisie te help bemark.

Die organiseerders waarborg die veilige bewaring van persoonlike inligting en hou rekord van alle inskrywings en prystoekennings.

Geen werknemers van Republikein of Namibia Media Holdings en sy filiale kwalifiseer om enige prys te wen nie. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!