Laat jóú stem hoor!
Hier is jou kans om jou stem te laat hoor in ons viering van die besighede wat Windhoek uitsonderlik en buitengewoon maak. Van jou gunsteling koffiekuierplek tot die haar- of skoonheidsalon wat jou altyd soos 'n nuwe sikspens laat lyk en voel. Dit is tyd om die kollig te laat skyn op ons hoofstad se juwele en dit danksy die 061 Express Follower’s Choice Awards, gebring aan jou deur Synergi, in vennootskap met Windhoek Express. In die volgende agt weke het jy die kans om jou gunsteling diensverskaffers in die volgende kategorieë te nomineer: Living in Windhoek; DIY / Home Improvement; Glam It Up; Eating Out; Food, Drinks and Be Merry; Services; Automotive; Shopping; Baby & Kids; and Travel and Leisure. Nominasies open op 25 April en sluit op 5 Mei. Om jou gunsteling besigheid te nomineer, stoor dadelik die nommer 085 785 6231 op jou kontaklys, whatsApp #061express na die nommer en volg die instruksies op jou skerm. Deur jou gunstelinge te nomineer, ondersteun jy nie net 'n plaaslike besigheid nie, maar staan ook die kans om jou deel van N$50 000 in kontant los te slaan. Die stemproses vir die beste uit die beste open op 5 Junie en sluit 23 Junie. Die wenners in die onderskeie kategorieë word op 28 Junie aangekondig.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie