Michelle bobaas met boerewors

Henriette Lamprecht
Michelle Erasmus van Swakopmund se wenresep vir die lekkerste boerewors in die land het gemaak dat sy as vanjaar se wenner van die gewilde Shoprite & Checkers Namibian Champion Boerewors-kompetisie aangewys is.

Volgens Michelle neem haar skoonouers jaarliks aan die kompetisie deel en met haar verhuising na die kusdorp was dit net logies dat sy ook by die tradisie inval.

“Almal weet Namibiërs mis nie sommer die kans om te braai nie! Dit het my genoeg geleenthede gegee om my resep te toets en die nodige veranderinge te maak,” vertel sy.

As wenner het sy koopbewyse van Shoprite en Checkers ter waarde van N$150 000 gewen waarvan sy graag 10% aan diere en minderbevoorregtes vir kos wil skenk.

“My ma het my geleer ‘jy kan nie met ’n toe hand ontvang nie”, as jy nie gee nie, gaan jy ook nie ontvang nie. Ek moet hierdie seëninge deel wat eerlikwaar my gunstelingdeel sal wees!”

As ’n jonggetroude met ’n baba op pad, en wat ’n lewe in ’n nuwe dorp moet bou, sê Michelle dit het haar en haar man ’n broodnodige hupstoot gegee.

“Die ekonomiese klimaat is swaar op ons almal, die meeste van ons leef van een salaristjek na die volgende, maar as ons dit reg beplan, kan ons dit laat werk!”

Natuurlik help die geskenkbewyse ook om al die nodige babaprodukte te kry “sodat ons baba die bes moontlike begin in die lewe kan hê”.

Die tweede prys met koopbewyse ter waarde van N$100 000 van Shoprite en Checkers gaan aan Michelle se skoonpa, Dieter Erasmus, wat sê om met vleis te werk is ’n groot passie.

“Hoe gelukkig is ek om dit voltyds te kan doen? Ek is al 23 jaar deel van Shoprite en Checkers se vleismarkte,” vertel Dieter.

Die geheim van die perfekte, tradisionele boereworsresep is om die regte kombinasie van vleis en speserye vir die beste smaak en sappigste wors te hê, sê hy.

Die koopbewys van N$100 000 sal beslis sy familie se lewe verander en natuurlik gaan ’n lekker steak en boerewors beslis een maal per week op sy inkooplysie wees.

Andreas N. Haikali wat ’n groot liefde vir kosmaak het, het met die derde prys weggestap.

“Ek het ingeskryf vir die kans om my kookvaardighede te wys, omdat ek weet deur aan ’n kookkompetisie met hierdie omvang deel te neem, sal maak dat ek uiteindelik die erkenning kry wat ek verdien. “Ek neem al sedert 2021 deel en is altyd onder die top-15. Om derde te wees, is die kersie op die koek. Ek wil volgende jaar weer deelnaam en probeer om die eerste plek te verower, ek gaan aanhou deelneem tot ek wen,” het Andreas opgewonde vertel.

Baaskok Sanet Prinsloo wat saam met NamChefs reeds vanaf die begin van die kompetisie as gasvrou optree, sê op haar beurt die “kameraderie wat deur die loop van die kompetisie gewys is, is bewys van die potensiaal wat ons nasie het”.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!