Namibië sê nee om drie jagluiperds om te ruil
Die Indiese hoë kommissaris in Namibië het mediaberigte dat Indië drie jagluiperds uit Namibië verwerp het aangesien hulle in aanhouding geteel is, as foutief en niefeitelik bestempel.
Verskeie publikasies het berig die drie jagluiperds wat deel van ’n hervestigingsprogram is, is verwerp en sal deur wilde jagluiperds vervang word.
Die invoer van jagluiperds wat nie op hul eie kan jag in ’n woud met ’n groot luiperdbevolking nie, sal waarskynlik hul oorlewing in die natuur bemoeilik, volgens berigte.
’n Nuusverklaring wat die hoë kommissaris uitgereik het, beskryf die berigte as verdraaid en “uit verband geruk”.
Toe hy gekontak is vir duidelikheid oor watter feite presies betwis word, het mnr. Mohammad Afsar, hoof van kanselary, egter geweier om kommentaar te lewer.
“Die nuusverklaring is duidelik,” het hy gesê.
ONS SAL HULLE NIE RUIL
Indië en Namibië het verlede maand ’n ooreenkoms onderteken vir die hervestiging van jagluiperds in dié land, met die eerste groep van agt wat na verwagting vandeesmaand uit Namibië in Indië sal aankom.
Indië werk sedert 2020 daaraan om die diere te hervestig, toe die hooggeregshof gelas het Afrika-jagluiperds mag op ’n “noukeurig gekose plek” op ’n eksperimentele grondslag hervestig word.
Indië was voorheen die tuiste van die Asiese jagluiperd, maar die spesie is in 1952 amptelik as uitgesterf verklaar.
Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het bevestig dat Indië drie van die agt jagluiperds van Namibië verwerp het omdat hulle gedink het hulle is in gevangenskap geteel.
Hy het egter verduidelik dat dit jong wilde jagluiperds is, maar Indië verkies drie jagluiperds wat pas by die Jagluiperdbewaringsfonds (CCF) aangekom het.
Hy het ook gesê die CCF het die jagluiperds gekies, wat die ministerie se eerste kontakpunt is. Die CCF het die ministerie verseker dat die jagluiperds wild is.
Muyunda het bygevoeg die ministerie het geweier om die jong jagluiperds met CCF-jagluiperds om te ruil, omdat hulle “ook ’n verantwoordelikheid het om na hul jagluiperdbevolking om te sien”.
Hy kon nie bevestig of Indië al agt jagluiperds of net vyf gaan neem nie.
“Die drie wat hulle nie wou hê nie, word steeds aangebied, maar ons sal hulle nie vir ander diere verruil nie.”
PROSEDURES
Intussen het die Indiese hoëkommissariaat in Namibië gesê hulle en besorgde Indiese owerhede is gereeld in kontak met Namibiese belanghebbendes om hierdie belangrike projek te implementeer, en hou relevante wetenskaplike aspekte in gedagte volgens die vereiste prosedures.
Die jagluiperd is die enigste karnivoor wat in Indië uitgesterf het. Dié land is sedertdien verbind tot streng wette teen stropery en jag en het ook pogings tot bewaring van biodiversiteit onderneem.
Die Kuno Palpur Nasionale Park in die Madhya Pradesh-provinsie is voorlopig gekies as die nuwe tuiste vir die 12 tot 15 jagluiperds.
Die nasionale park beslaan 344 vierkante kilometer, wat 125 kilometer van Gwalior-lughawe geleë is, en is in 1992 as een van drie potensiële gebiede vir die jagluiperdprojek aanbeveel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie