Namibiërs pronk op wêreldverhoog

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Sewe medaljes, twee algehele wenners en twee gesogte beurse. Drie Namibiërs het die land trots gemaak met hul deelname aan die Wêreldkampioenskappe vir Uitvoerende Kunste in Kalifornië, Amerika wat as die nie-amptelike Olimpiese spele vir talent in die kunste bekendstaan en waaraan meer as 70 lande deelgeneem het.

Patricia Coetzee se goue stem het gesorg vir goud en sy is aangewys as die algehele wenner in beide die afdelings vir Country Western en Rock. Sy kry ook ‘n beurs ter waarde van US$15 000 by die New York Conservatory for Dramatic Arts. Pelagia Zimny verower ‘n goud in die ope kategorie vir dans en drie brons medaljes (HipHop, drama, musikale teater), terwyl ‘n beurs ter waarde van US$15 000 by die New York Conservatory for Dramatic Arts ook aan haar toegeken word. Julian Schiebler dans ‘n brons medalje los in die ope kategorie vir dans.

Van aspirant-sangers tot -dansers tot -akteurs het aan die internasionale kampioenskappe deelgeneem wat van 28 Junie tot 6 Julie in LongBeach aangebied is. Dit is volgens die kampioenskap se amptelike webtuiste die enigste geleentheid van sy soort wat jaarliks in die hart van Hollywood, die vermaaklikheidshoofstad van die wêreld gehou word.

Deelnemers aan die kompetisie uit die meer as 70 lande sluit buiten Amerika ook Kanada, Sentraal- en Suid-Amerika, Europa, Asië en natuurlik Suid-Afrika en Namibië in. Sowat ‘n halfmiljoen Amerikaanse dollar se beurse was op die spel, terwyl die Worldstars Bootcamp opvoedkundige seminare en werkwinkels vir deelnemers ingesluit het om hul vaardighede verder te slyp. Verskeie bekende en ervare kundiges uit Hollywood, Nashville en New York het as beoordeelaars opgetree. Afrika was weer op die wennerspodium toe ‘n Suid-Afrikaanse dansgroep met die louere weggestap het as die Junior Wêreldkampioene, terwyl ‘n saksofoonspeler uit Jamaika gekroon is die Senior Grand Kampioen van die Wêreld. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!