No Image Caption

NMH vier Kersseisoen

Promosie-artikel
Tanja Bause
In die gees van die feesseisoen is Namibia Media Holdings (NMH) in die proses om die ondersteuning van verskeie borge te werf in ’n poging om te verseker dat verskeie liefdadigheidsorganisasies ’n geseënde Kersfees vanjaar kan hê.

Dié ondersteuning sal in die vier weke voor Kersfees die MIV/vigs-gemeenskap, die Kwesbare Kinders-projek, The Ark Rescue (dierebeskerming) en die Katutura-ouetehuis help.

Lesers kan ook baat vind aangesien NMH op Dinsdag 28 November ’n Adventkalender bekendstel. Dit sal lesers in staat stel om een venster per dag in Desember oop te maak en die kans te staan om elke dag – tot 25 Desember – ’n Pick n Pay-koopbewys te wen.

Om ’n kans te staan om te wen moet jy die koerant koop om die regte QR-kode te skandeer. Gedurende naweke en vakansies sal jy die klik-tot-aksie-veldtog op die aanlyn platforms van NMH se publikasies moet vind.

Die persoon wat op Sondae wen, sal Kersvader word vir ’n dag. Aangesien die persoon nie self die prysgeld ontvang nie, nomineer hy of sy ’n liefdadigheidsorganisasie wat die geld sal ontvang. Sodoende speel die wenner Kersvader.

KINDERS KAN OOK WEN:

Kinders moet ook vanaf 28 November gereed maak om aan ons kompetisie vir die jongspan deel te neem. Soek op dié dag die koevert wat jy kan uitknip en volg die volgende stappe:

1. Knip uit en vul die spasies in – soos aangedui – aan die binnekant van die koevert;

2. Teken jou kunswerk in dié spasie;

3. Onthou om die QR-kode te skandeer om die instruksies te volg en te registreer. Vra jou ouers om jou te help;

4. Maak jou koevert toe en wag vir Distribution Hub Namibia (DHN) om jou koevert te kom haal;

5. Binne sewe dae sal DHN ’n gratis geskenk by jou aflewer (alle kinders is welkom om deel te neem);

6. Hou Allgemeine Zeitung, Republikein en Namibian Sun dop, want hulle sal almal elektroniese nuusblaaie op hul internetwebwerwe gedurende die dae publiseer, wanneer die drukpers vir Kersfees gesluit is. Jy kan dalk jou foto op een van die bladsye, wat aan hierdie projek gewy is, sien. Jou kunswerk kan dalk die wenprentjie wees.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 23° | 37° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 25° | 34° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 16° | 34° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 37° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!