Ongwediva-handelskou begin Vrydag
Tuyeimo Haidula
Die span agter die jaarlikse Ongwediva-handelskou (OATF) is besig met die finale voorbereidings om die laaste stalletjies by die skougronde op te rig voor die skou Vrydag begin.
Weens die Covid-19-pandemie is die skou laas in 2019 aangebied.
President Hage Geingob sal na verwagting op 28 Augustus die skou open. Die tema van vanjaar se skou is “Gerat vir 'n slim ekonomie”.
Mnr. Jackson Muma, woordvoerder van die Ongwediva-handelskou, het gesê ten minste 361 plaaslike en buitelandse uitstallers stal vanjaar by die skou uit. In 2019 was daar 450 uitstallers.
Die uitstallers is van verskillende plaaslike en internasionale ekonomiese bedrywe.
Volgens Muma sluit die internasionale uitstallers Suid-Afrika, Zimbabwe, Ghana, Botswana en Japan in.
‘n Totaal van 120 veiligheidswagte van vier verskillende maatskappye is gehuur om beide besoekers en uitstallers veilig te hou. Sestig veiligheidswagte sal per skof aan diens by die perseel wees.
Hoofinspekteur Elizabeth Nashandi, die polisiebevelvoerder in Ongewediva, het die veiligheidswagte aangemoedig om op hul hoede vir diewe te wees. Sy het gewaarsku dat misdadigers tussen die hoë aantal besoekers wat na die streek kom om die handelskou by te woon, sal wegkruip.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie