Shoprite ondersteun laerskole
Phillipus Josef
Shoprite Namibia gaan deur hul #ColourMeIn-kompetisie vir drie laerskole in die land koopbewyse ter waarde van N$19 000 elk gee. Leerlinge wat die skole nomineer, staan ook ‘n kans om met N$1 000 elk weg te stap. In totaal gee Shoprite N$60 000 weg.
Die kompetisie #ColourMeIn, poog om noodsaaklike hulpbronne en ondersteuning aan laerskole te verskaf om leerlinge te ondersteun en onderrig te versterk.
Die koopbewyse kan gebruik word om 'n verskeidenheid skoolbenodighede soos boeke, skryfbehoeftes en ander nodige materiaal aan te koop.
Die kompetisie is oop vir alle kinders van 4 tot 12 jaar en het verskillende ouderdomskategorieë naamlik tussen vier tot ses jaar, van sewe tot nege jaar en van tien tot 12 jaar. Die koopbewys sal aan een laerskool per ouderdomsgroep gegee word en ook aan die kind wat gewen het. Deelnemers moet ook die toestemming van hul ouers of voogde kry voordat hulle vir die kompetisie inskryf. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Januarie 2024 en moet per WhatsApp ingedien word. Al wat jy hoef te doen is - stoor 085 785 6321, stuur 'n WhatsApp #ColourMeIn en volg die instruksies op die skerm.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie