BEHIND BARS: Simon Kandume.
PHOTO: CONTRIBUTED
BEHIND BARS: Simon Kandume. PHOTO: CONTRIBUTED

Soldaat wat glo moor, bly in aanhouding

Tuyeimo Haidula
Simon Kandume, die oudsoldaat wat na bewering sy meisie en dogter by die Okangwena-nedersetting in Ondangwa vermoor het, is tans in polisie-aanhouding nadat hy uit die Onandjokwe-hospitaal se waakeenheid ontslaan is.

Kandume is in die hospitaal opgeneem nadat hy na bewering gif gedrink het oomblikke nadat hy sy meisie, me. Ruth Immanuel, en hul tweejarige dogtertjie, Lovisa Kandume, verskeie kere op 19 Junie met ’n mes gesteek het.

Hy het verlede maand in die Ondangwa-landdroshof verskyn. Hy is tot 18 Oktober in aanhouding vir verdere ondersoek.

Volgens haar suster, me. Julia Abel (39), is Immanuel se familie spyt dat hulle nie vroeër ingegryp het in wat hulle as ‘n gewelddadige verhouding beskryf het nie.

Abel was die eerste wat by die grutoneel opgedaag het.

In ‘n onderhoud met Republikein se susterkoerant Namibian Sun het sy gesê sy hoor steeds haar suster se gille om hulp. Toe sy uiteindelik haar kamer verlaat het om die situasie te ondersoek, “was dit te laat”.

’n Saak van dubbele moord en poging tot moord is teen Kandume geopen. Hy het ook hul ander kind, die 13-jarige Fanuel Kaushiweni Kandume, wat die aanval oorleef het, aangeval. Hy is verlede maand uit die hospitaal ontslaan.

Abel het gister gesê haar nefie sterk goed aan en gaan getrou na sy afsprake met maatskaplike werkers vir berading, waarheen sy hom vergesel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!