Stem vir Jameela

Henriette Lamprecht
Michael Kayunde - Van groot tot klein, van oud tot jonk – Namibiërs oraloor die land het as deel van ’n spesiale inisiatief hul stemme van ondersteuning uitgebring vir die land se mooiste skoonheid Jameela Uiras wat Namibië tans by die Mej. Heelal-kompetisie verteenwoordig.

Aan die stuur van die inisiatief is Renate Shikongo, ’n bekende grimeerkunstenaar, wat die veldtog gedryf het om Namibiërs te mobiliseer in ’n gesamentlike poging om stemme vir Jameela te werf.

Met die hulp van sosiale media het Shikongo ’n veldtog van stapel gestuur vir bydraes om stemme vir Jameela te werf. Sowat 5 000 stemme is reeds danksy haar landgenote agter haar naam. Die sluitingsdatum om jou stem vir Lameela te laat geld, is vandag. Die hoop is om voor dit ’n bykomende 1 000 stemme in rondte 7 te kry.

Die eenvoudige stemproses sluit in die aflaai van die Miss Universe-toep en jou kruisie by Jameela se naam. Die wenner van die 72ste Mej. Heelal-kompetisie word Saterdag in San Salvador in El Salvador aangewys.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 29° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 26° | 35° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 18° | 37° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 22° | 32° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 18° | 37° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 14° | 30° Ariamsvlei: 19° | 37° Oranjemund: 14° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 34° Lubumbashi: 17° | 20° Mbabane: 15° | 27° Maseru: 19° | 33° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 18° | 21° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 26° Johannesburg: 20° | 31° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 20° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!