Stuur jou foto en wen!
Republikein se fotokompetisie is terug! Deel jou foto met ons en staan ’n kans om met N$1 000 weg te stap. Elke week sal ‘n wenner gekies word en die wenfoto sal Maandae op ons voorblad pronk. Inskrywings word van vandag af aanvaar en die eerste wenner se foto sal op Maandag 18 Maart in die koerant verskyn. Stuur jou foto per e-pos na [email protected] of stuur dit via WhatsApp na 085 785 6231 deur die woord “Rep” na die nommer te stuur. Kies dan “lesersbydraes” op die kieslys. Kies daarna “lesersfoto” waarna jy die gepaste kategorie kies, jou foto aanheg en stuur. Sien ons webtuiste vir bykomende inligting en reëls. D. Wilz het dié foto tydens ’n bootvaart op die Kavangorivier geneem.
Hier is hoe dit werk:
Alle foto’s wat in ‘n spesifieke werksweek (Maandag tot Vrydag) ontvang word, kwalifiseer vir die prys. Foto’s wat op Saterdae en Sondae ontvang word, word vir die volgende week oorweeg.
Slegs een foto per persoon per week word toegelaat.
Die week se wenfoto word weekliks deur Republikein se hoofredakteur aangewys en op Maandae bekend gemaak.
Die beoordelaar/s se besluite is finaal.
Deur deel te neem, bevestig jy dat die ingeskrewe foto jou eie werk/skepping is, nie aan enigiemand anders behoort nie en ook nie onderworpe aan bestaande kopieregbeperkings is nie.
Republikein mag alle inskrywings publiseer (in druk/aanlyn) en dit vir bemarkings- en kommersiële doeleindes op ‘n redelike en billike wyse gebruik.
Wenners moet bereid wees om die kompetisie te help bemark.
Die organiseerder waarborg die veilige bewaring van persoonlike inligting en hou rekord van alle inskrywings en prystoekennings.
Geen werknemers van Republikein of Namibia Media Holdings en sy filliale kwalifiseer om enige prys te wen nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie