Vir jou en jou geliefde, van ons
Om soete woordjies in jou Valentyn se oor te fluister is só verouderd!
Vanjaar kan jy jou Valentynsdag verfris deur ’n nuwerwetse liefdesboodskap aan jou engel te stuur, danksy Pick n Pay Namibia, Logistics Hub Namibia en die Strand Hotel Swakopmund-restaurante.
Skryf jou boodskap deur #pnpvalentine per WhatsApp te stuur na 085 785 6231 en die instruksies te volg.
Kupido se helpers, wat ’n handjie bysit om op Valentynsdag die liefde te versprei, sal jou boodskap op ’n QR-kode vasvang en dit in ’n koevert verseël.
Kupido help daarna vir Logistics Hub Namibia om jou boodskap by jou geliefde te kry. Koeverte word reeds afgelewer, maar jou geliefde sal eers op Valentynsdag jou boodskap kan lees wanneer hulle die QR-kode op die koevert skandeer.
Die liefde stop egter nie by jou en jou tortelduif nie – Kupido wil ook sy hart met julle deel. Dus kan jy, deur deel te neem aan die kompetisie, vir jou en jou Valentyn allerlei verrassings losslaan.
Valentynsdag is om die draai, so jy sal moet wikkel om jou inskrywing voor die sluitingsdatum op12 Februarie by ons te kry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie