No Image Caption

Voorspel sportuitslae en wen

Stefan Noechel
Vandag skop ’n splinternuwe kompetisie af waarin deelnemers hulle voorspellings van sportuitslae kan instuur en wen.

Pryse ter waarde van meer as N$150 000 is op die spel.

Deelnemers kan een keer per dag per dagblad – Republikein, Namibian Sun, Allgemeine Zeitung, en/of die sportbyvoegsel Sport Wrap – inskryf en die uitslag voorspel van drie wedstryde wat die komende naweek plaasvind.

Enigiemand kan deelneem deur #Daily na +264 85 785 6231 te whatsapp en die instruksies te volg.

Om deel te neem moet jy die dagblad se webwerfkode – wat daagliks op bladsy 2 van Republikein, Allgemeine Zeitung en Namibian Sun verskyn – invul om jou deelname te bevestig.

Weeklikse wenners ontvang N$1 000 en sal op Dinsdae in Sport Wrap aangekondig word. Die kompetisie duur tot 8 Maart 2025 waartydens maandelikse wenners ’n naweekwegbreek by een van die verblyfgeriewe wat deel vorm van Enjoy.my.na kan wen.

Die algehele wenner van Seisoen 1 sal op 20 Maart 2025 by die 35ste onafhanklikheidsvieringe aangekondig word en sal N$35 000 se prysgeld losslaan.

Deelnemers kan daagliks hul voorspellings instuur. Hoe meer jy inskryf, hoe groter is jou kans om te wen. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer