Vuurwarm eerste seisoen van ‘Gooi Kole’
Die finale episode van die eerste seisoen van Namibia Media Holdings (NMH) se gewilde rugbygeselsprogram Gooi Kole is Vrydag op ’n vuurwarm noot afgesluit met ’n braaikompetisie tussen sommige van ons braaiers in vorige episodes.
Die viertal braaiers, Gerhard Thirion, Corné Lottering, Dickson Vambe en JP Myburgh, moes hul slag wys met ’n sappige biefstuk, ’n braaibroodjie en ’n spesiale verrassing in ’n blikkie.
Die beoordelaars was veral beïndruk met die wyse waarop die manne hul smuldisse voorgesit het. Corné is uiteindelik as die eerste seisoen van Gooi Kole se braaimeester aangewys.
Hoewel die eindfluitjie vir nou eers geblaas het, voer die aanbieders en Namibië se bekroonde sportjoernaliste, Andrew Poolman en Brian Munango, reeds iets in die mou vir die tweede seisoen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie