Wonderpasiënt vind liefde
Fillipus Sakeus (37) was maande lank in die Ongwediva Medipark se intensiewesorgeenheid waar hy geen reaksie getoon het nie. Sy familie en vriende het moed begin opgee.
“Ek was in ’n kritieke toestand. Mense by die huis het vir my dood begin voorberei en die uiteindelike routydperk. Hulle het reëlings begin tref; die huis skoongemaak. Min het hulle geweet dat ons planne nie God se planne is nie,” het hy gesê.
Ons susterkoerant, Namibian Sun, het byna ses jaar later met Sakeus in die teenwoordigheid van sy verloofde, Albertina Inkono, gesels. Dié twee trou later vandeesmaand.
Hy het sy mediese span na Medipark, waar sy lewe etlike jare tevore ’n kruispad bereik het, genooi om in sy vreugde te deel.
NOODLOTTIGE DAG
Op 18 Augustus 2016 is Sakeus geopereer vir bloedvate wat in sy brein begin bloei het. Sy toestand is as intraserebrale arterioveneuse misvorming van die linkerwandlob met spontane bloeding gediagnoseer.
Hy het twee bykomende operasies weens komplikasies van dieselfde toestand ondergaan. Hy het sedertdien verskeie behandelings ontvang, het sy neurochirurg, dr. Badra Aliou Kone, gesê.
Sakeus ontvang steeds behandeling vir epileptiese aanvalle sowel as fisioterapie en medisyne “om sy hemodinamiese toestand te beheer”.
Sy regterkant is ook permanent verswak, “ten spyte van meer as ’n jaar se fisioterapeutiese behandeling”.
Sakeus onthou die noodlottige dag wat hom in die hospitaal en in sy veronderstelde sterfbed laat beland het.
Hy was destyds ’n speurder by die Khorixas-polisiekantoor.
Hy het tydens ’n werkwinkel in Ondangwa sleg begin voel. Hy het opgestaan en die vertrek verlaat. Voor hy by sy verblyfplek kon ingaan, het hy inmekaargestort.
’n Kollega wat hom gevolg het, het hom op die vloer gekry. Hy is na die Onandjokwe-hospitaal gehaas.
’n Paar uur later is hy na Medipark oorgeplaas. Hy was bewusteloos toe hy by die hospitaal aangekom het. Hy het eers meer as ’n maand later wakker geword.
Toe die dokters hom vertel wat gebeur het, kon hy nie reageer of beweeg nie. Hy kon egter alles hoor wat hulle gesê het. Dit het hom langer as ’n jaar geneem om te herstel.
“Tydens my tyd in die hospitaal het ek nader aan God beweeg,” het hy gesê.
LIEFDE
Sakeus het vir Inkono in 2017 ontmoet terwyl hy vir opvolgbehandeling by Kone was. Sy is sedertdien aan sy sy.
“Ek wou persoonlik dankie sê aan Medipark – van die topbestuur tot die algemene werkers – vir die liefde, omgee en geduld. Hulle diens is uitsonderlik. Mense sê as jy na hierdie hospitaal toe kom, sal hulle sterf. Ek kan getuig dat dit nie waar is nie.”
Toe Sakeus uiteindelik in 2019 teruggekeer het werk toe, is hy na die Noorde verplaas. Hy het nie meer speurwerk gedoen nie, maar ligter take gekry om te doen.
Hy het laas in 2020 ’n aanval gehad, terwyl hy twee jaar voor dit ten minste drie keer per week ’n aanval gekry het.
Alhoewel sy spraak nog nie heeltemal herstel het nie – hy hakkel soms en neem soms ’n rukkie om die regte woord te vind – frustreer dit hom nie.
Hy sê tyd genees alles en binnekort sal dit ook verander, of bloot nog ’n deel van sy storie word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie