No Image Caption

Kort nuus

Tanja Bause
Otilindi

Man maak glo broer dood

’n Man (52) is in hegtenis geneem nadat hy glo sy broer, Simon Petrus (55), doodgesteek het. Petrus het glo nie vir hom ’n saamrygeleentheid vanaf die informele nedersetting Otilindi aangebied nie.

Die verdagte en die slagoffer was na bewering omstreeks 17:00 by die Oonyenti-nedersetting, waar die verdagte wou weet hoekom die oorledene hom nie saamgevat het nie. Die verdagte het die oorledene terug na Otilindi gevolg en hom met ’n mes in die bors gesteek. Petrus en die verdagte, sy biologiese broer, het in dieselfde huis gewoon. – Tuyeimo Haidula

Oshakati

Seun pleeg selfdood

’n Sewentienjarige seun het vermoedelik selfdood gepleeg nadat hy graad 11 gedruip het. Die voorval het in die Onanke-nedersetting in die Oshikotostreek gebeur.

Volgens die polisieverslag was die oorledene hartseer ná hy Woensdag sy graad 11-eksamenuitslae ontvang het.

Teopolina Kalompo-Nashikaku, die streekbevelvoerder in Oshikoto, het gesê Shatiwa Nghifilenga, wat ’n leerling aan die Sekondêre Skool Olukolo was, is met ’n tou om sy nek in sy slaapkamer gevind.

Sy sê geen selfdoodbrief is gevind nie. – Tuyeimo Haidula

Kommentaar

Republikein 2024-12-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 21° | 32° Ruacana: 22° | 29° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 21° | 30° Gobabis: 19° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 23° Rehoboth: 24° | 33° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 26° | 38° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 21° | 30° Cape Town: 20° | 30° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 18° | 27° #REF! #REF!