No Image Caption

Kort nuus

Tanja Bause
Onyati

Drie verkrag glo verstandelik gestremde vrou

Drie mans het verlede week na bewering ’n 27-jarige verstandelik gestremde vrou in die informele nedersetting Onyati in die Oshikotostreek om die beurt verkrag.

Twee van die mans – onderskeidelik 29 en 32 jaar oud – is in hegtenis geneem, terwyl die derde verdagte, wie se ouderdom onbekend is, nog op vrye voet is.

Die slagoffer het glo die verdagtes by ’n cuca-winkel ontmoet waar een van die mans haar na bewering gegryp, haar klere uitgetrek en verkrag het.

Die polisie se streekbevelvoerder, komm. Theopolina Kalompo-Nashikaku, het die voorval bevestig en bygevoeg dit het omstreeks 21:00 gebeur. Sy het gesê die verdagtes het glo die slagoffer gedreig dat hulle haar sal doodmaak as sy iemand van die voorval vertel.

“Sy het egter vir haar ouma vertel toe sy by die huis aangekom het,” het Kalompo-Nashikaku gesê. – Tuyeimo Haidula

Onyaanya

Pa verkrag glo tienerdogter

Die polisie in die Oshikotostreek ondersoek ’n saak waar ’n 39-jarige man daarvan beskuldig word dat hy sy tienerdogter by sy huis in die Onyaanya-kiesafdeling verkrag het. Die 15-jarige meisie het by haar pa gaan kuier, wat haar daardie aand verkrag het.

Streekbevelvoerder, komm. Theopolina Kalompo-Nashikaku, het gesê die voorval het in Oktober 2023 plaasgevind, maar is eers onlangs by die polisie aangemeld.

“Die pa bly alleen en daar is net een slaapkamer in die huis. Die verdagte en die slagoffer het in een kamer op een bed geslaap,” het sy bygevoeg. Sy het gesê die verdagte het die slagoffer met geweld uitgetrek en haar verkrag. Die slagoffer en die verdagte was glo die enigste twee mense in die huis. Kalompo-Nashikaku sê die saak is eers in Oshakati aangemeld, maar is na Omuthiya verwys. – Tuyeimo Haidula

Kommentaar

Republikein 2024-12-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 21° | 32° Ruacana: 22° | 29° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 21° | 30° Gobabis: 19° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 23° Rehoboth: 24° | 33° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 26° | 38° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 21° | 30° Cape Town: 20° | 30° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 18° | 27° #REF! #REF!