Die Motorvoertuigongelukfonds se uitvoerende hoof, Rosalia Martins-Hausiku. Foto argief
Die Motorvoertuigongelukfonds se uitvoerende hoof, Rosalia Martins-Hausiku. Foto argief

Kort Nuus

Tanja Bause
Swakopmund

Hospitaalsaal in ligte laaie

’n Brand het Sondag in die geestesgesondheidsafdeling in die Swakopmund-staatshospitaal uitgebreek.

Volgens adjudant-offisier Tashiya Tuyenikelao word daar beweer dat ’n man (26) vir behandeling opgeneem is nadat hy glo sy familielede geterroriseer het.

Die pasiënt het na bewering sy vrylating uit die hospitaal geëis.

“Hy wou huis toe gaan en het die verpleegster wat aan diens was hiervan in kennis gestel. Sy het geweier om aan sy eis te voldoen. Hy is na bewering terug na die saal waar hy opgeneem is en het dit aan die brand gesteek.

“Die verdagte het eiendomme, soos beddens, beddegoed en matrasse, met ’n vuurhoutjie aan die brand gesteek. Sy optrede het daartoe gelei dat die saal gedeeltelik beskadig is. Die verdagte is ná die voorval na Windhoek verplaas.”

Die polisie en die brandweer het die brand onder bedwang gebring.

– Shaldon Johannes

Divundu

Dorp ontvang ambulans van N$1,3 miljoen

Die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) het ’n nuwe noodreaksievoertuig ter waarde van N$1,3 miljoen aangeskaf wat in Divundu in die Kavango-Oosstreek gebruik gaan word.

Die MVAF se uitvoerende hoof, Rosalia Martins-Hausiku, het gesê die ambulans sal help met die lang afstande wat afgelê word tussen die Kavango-Oos- en Zambezistreek vir noodgevalle.

“Die Zambezistreek is een van die streke met die laagste ongeluksyfers. Wanneer ongelukke egter plaasvind, sterf mense. Dit is hoekom ons 12 maande gelede ons merk in Divundu gemaak het, maar toe het ons nie al die hulpbronne gehad nie.”

Daarbenewens sê Martins-Hausiku is die Padfondsadministrasie (RFA) vir finansiële ondersteuning genader en het hulle N$500 000 geskenk.

Die RFA se uitvoerende hoof, Ali Ipinge, het tydens die geleentheid gesê die hoofdoel van die verkryging is om dienste nader aan mense in landelike gebiede te bring om te help met padongelukke en ander noodgevalle.

“Ons het dit deur ons korporatiewe maatskaplike belegging op ons geneem om saam met die MVAF te werk om die ambulans af te lewer met die uitsluitlike doel om die burgers in die Kavango-Oos- en Zambezistreek te help,” het hy gesê. – Elizabeth Kheibes

Kommentaar

Republikein 2024-12-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 21° | 32° Ruacana: 22° | 29° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 21° | 30° Gobabis: 19° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 23° Rehoboth: 24° | 33° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 26° | 38° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 21° | 30° Cape Town: 20° | 30° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 18° | 27° #REF! #REF!