polisie1
polisie1

Kort Nuus

Tanja Bause
Onegandjo

Vyfjarige sterf

Die vyfjarige Johannes Immanuel se ma het sy liggaam Vrydag in die Onegandja-nedersetting gevind. Sy het hom glo dieselfde dag met ’n gordel oor sy hele lyf geslaan. Sy ma het hom na bewering daarvan verdink dat hy sy oupa se selfoon die vorige Sondag gesteel het. Hy het ook glo die Woensdag uit ’n palmboom geval. Hy is nie na die hospitaal geneem nie aangesien dit gelyk het of hy niks oorgekom het nie.

Tses

Seun ‘vasgebind en verkrag’

’n Man wat aan die polisie bekend is, het glo Vrydag ’n 16-jarige seun op die plaas Bloukheil verkrag. Hy het die seun na bewering in die veld gekry en gevra hulle moet na sy oom se beeste gaan kyk. Hy het glo die seun gegryp en aan ’n boom vasgemaak en verkrag. Die verdagte het na bewering ná die voorval gesê hy gaan die volgende dag terugkom en die seun vermoor. Die slagoffer kon daarin slaag om homself te bevry en sy oom van die voorval te vertel. Die verdagte is nog op vrye voet.

Witvlei

Veiligheidswag glo aangerand

Vier mans gewapen met ’n pistool, mes, hamer en skroewedraaier het Saterdag by die Witvlei-dorpsraad se kantoor ingebreek. Hulle het die 32-jarige veiligheidswag met elektriese kabels vasgebind. Die wag kon daarin slaag om homself te bevry en terwyl hy probeer vlug het, het die mans hom gevang en met die hamer oor sy kop, gesig en beide arms geslaan. Hulle het hom in die kantoor waar die kluis is, gesleep en die sleutel geëis. Die verdagtes het hom vasgebind en hom met die dood gedreig en toe die man terugbaklei het, het hulle hom met die mes in beide knieë gesteek. Hulle kon nie die kluis oopkry nie en het met een skootrekenaar, een selfoon, twee mieliemeel sakke van 20 kg en twee blikkies vis op die vlug geslaan.

Ngoma

Man ‘doodgeslaan’

Die oorledene, Simasiku Malilo, ’n 46-jarige Zambiese burger, en ’n 32-jarige verdagte het glo saam in die Jojo-nedersetting gedrink. Hulle het ná die bier klaar was huis toe gegaan. Malilo se vrou het ’n geluid buite gehoor en ondersoek gaan instel. Sy het gesien hoe iemand wegloop. Sy het haar man glo op die grond sien lê en sy neus het gebloei. Sy het hom in die huis gehelp en hy het die volgende dag gesê die verdagte het hom na bewering in die maag en bors geskop en dat sy lyf seer is. Sy het hom gevra hoekom hy aangerand is, maar hy is dood voor hy haar kon antwoord. – Saamgestel uit die polisie se misdaadverslag

Kommentaar

Republikein 2024-12-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 21° | 32° Ruacana: 22° | 29° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 21° | 30° Gobabis: 19° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 23° Rehoboth: 24° | 33° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 26° | 38° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 21° | 30° Cape Town: 20° | 30° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 18° | 27° #REF! #REF!