Foto Argief
Foto Argief

Kort nuus

Ongwediva

Mense slaan glo ‘dief’

Die polisie in die Oshanastreek het Sondagaand waarskuwingskote afgevuur in ’n poging om ’n groep mense te stop wat die reg in eie hande wou neem.

Die skare het ’n 26-jarige man gevang wat na bewering ’n selfoon op Ongwediva gesteel het. Hulle het hom glo geskop en met allerhande wapens geslaan terwyl hy op die grond gelê het.

Hoofinspekteur Thomas Aiyambo het bevestig dat die slagoffer, Lukas Mutilifa, ’n inwoner van Omatando is en dat hy ná die voorval in die Oshakati-staatshospitaal opgeneem is.

“Hy is erg geslaan, maar is in ’n stabiele toestand,” het Aiyambo gesê.

’n Video wat deur die polisie uitgereik is, wys hoe lede van die gemeenskap die slagoffer skop, hom met kaal hande sowel as met klippe en stokke slaan terwyl hy op die grond lê.

Aiyambo waarsku die publiek om nie die reg in eie hande te neem nie, omdat hulle ook in hegtenis geneem kan word.

“Hulle moet die polisie ontbied. Dit is ons taak om seker te maak die misdadigers word gearresteer.” – Tuyeimo Haidula

Oshakati

Man vermoor tydens bakleiery

’n Man in die informele nedersetting Evululuko het na bewering Sondag iemand doodgesteek nadat die oorledene glo wyn in sy gesig gegooi het. Hy het daarna glo nog ’n persoon gesteek wat in die staatshospitaal op Oshakati opgeneem is.

Die polisie soek glo nog die verdagte in verband met aanklagte van moord en poging tot moord.

Hoofinspekteur Thomas Aiyambo het gesê die voorval het Sondag omstreeks 01:30 by Teddy Bar op Oneshila plaasgevind. Volgens Aiyambo het die verdagte die slagoffer twee keer agter en een keer op die kop met ’n mes gesteek.

“Die slagoffer is na die Oshakati-staatshospitaal vervoer waar hy dood verklaar is,” het hy gesê. – Tuyeimo Haidula

Ondangwa

Voetganger dood ná ‘tref-en-trap’

’n Nege-en-dertigjarige man is op slag dood nadat ’n voertuig hom Sondag getref het terwyl hy die pad by die informele nedersetting Oshuushe probeer kruis het.

Die bestuurder het na bewering van die ongelukstoneel gevlug.

Hoofinspekteur Thomas Aiyambo het gesê die voorval het Sondag in die vroeë oggendure op die Ondangwa-Oshikango-hoofpad plaasgevind.

Volgens hom is die motor as ’n silwer Polo geïdentifiseer. ’n Saak van strafbare manslag is geopen. - Tuyeimo Haidula

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!