Kort nuus

Kenya Kambowe
Oshakati

Drie mense oorleef Oshivelo-ongeluk

Drie van die mense wat in die ongeluk tussen Tsumeb en Oshivelo oorleef het, is na die Ongwediva Medipark oorgeplaas vir verdere mediese behandeling.

Vyf mense, insluitend ’n vyf- en 12-jarige, is in die ongeluk dood wat Dinsdag omstreeks 01:00 op die B1-hoofweg in die Oshikotostreek plaasgevind het. Die bestuurder het glo beheer oor die voertuig verloor en die voertuig het omgeslaan.

Die oorledenes is as die bestuurder Magdalena Ruanda (58), Martha Samuel (47), Reinhold Rannei Megameno Ankambo (18), Elizabeth Ruanda (5) en Bravo Simson (12) geïdentifiseer.

– Tuyeimo Haidula

Tsumeb

Boete staar eienaars van honde in die gesig

Die Tsumeb-munisipaliteit sê hy sal onverantwoordelike honde-eienaars met N$2 000 beboet of gevangenisstraf van tot twee maande oplê indien hulle nie aan die regulasies soos per die wet op plaaslike owerhede voldoen nie. Dit is volgens ’n openbare kennisgewing wat vandeesweek deur die plaaslike owerheid op sy sosialemediaplatforms gedeel is. Honde-eienaars word daarin gewaarsku om meer verantwoordelik in die hantering van hul troeteldiere te wees.

– Kenya Kambowe

Ongwediva

Onwettige taxi’s neem toe

Die adjunkdirekteur vir vervoer en regulering binne die ministerie van werke en vervoer, Damien Mabengano, het onlangs ernstige kommer uitgespreek oor die landswye toename in onwettige taxi-operateurs.

Hy het dit Maandag tydens ’n werkwinkel gesê wat in Ongwediva plaasgevind het.

Mabengano het gesê: “Mense het gekla dat die stelsel ingewikkeld is en daarom gaan hulle nie deur die regte kanale nie. Hulle probeer die stelsel omseil en bestuur dan die taxi sonder ’n permit,” het hy gesê.

– Tuyeimo Haidula

Kommentaar

Republikein 2024-12-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 21° | 32° Ruacana: 22° | 29° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 21° | 30° Gobabis: 19° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 23° Rehoboth: 24° | 33° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 26° | 38° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 21° | 30° Cape Town: 20° | 30° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 18° | 27° #REF! #REF!