No Image Caption

Kort nuus

Iréne-Mari van der Walt
LÜDERITZ

Twee vroue vas vir ‘dwelmhandel’

Twee vroue van onderskeidelik 28 en 34 is Saterdag op Lüderitz in hegtenis geneem toe die polisie na bewering 116 sakkies dagga, 210 gram se los dagga, ses heel Mandrax-tablette, twee kwart Mandrax-tablette en drie halwe Mandrax-tablette in hul besit gevind het. Die polisie beraam die gesamentlike waarde van die dwelms op N$11 460.

GOBABIS

Sowat miljoen aanlyn gesteel

’n Slagoffer op Gobabis het glo Saterdag ’n SMS ontvang waarin hulle ingelig word dat hulle bitcoin gekoop het.

Die vermeende bedrieër het toe die slagoffer gebel en gesê hulle is van Bank Windhoek se bedrogafdeling en hulle ondersoek die verdagte aktiwiteite op die slagoffer se rekening. Die persoon het na bewering vir die slagoffer se aanmeldbesonderhede vir hul aanlyn bankgeriewe gevra. Die rekening is glo gekoppel aan die slagoffer se ma se rekening. Die vermeende bedrieër het glo N$975 900 met verskeie transaksies oorgeplaas.

Op Swakopmund is N$ 225 800 ook glo onder soortgelyke omstandighede gesteel.

OHANGWENA

Verstandelik gestremde vrou glo aangehou

’n Twee-en-twintigjarige man het na bewering ’n 17-jarige verstandelik gestremde meisie vir vyf dae vandeesmaand in sy huis aangehou en verskeie kere verkrag. Hy het haar glo by die skrootwerf by die Okakwa-nedersetting met ’n mes gedreig en haar gedwing om saam met hom huis toe te gaan. Sy is dae later by dieselfde skrootwerf gevind. Die verdagte het glo op die vlug geslaan.

OSHAKATI

Man vermoor glo peuter

’n Angolese man is in hegtenis geneem nadat hy glo Saterdag omstreeks 23:00 by die Ondulu Nomongwa-nedersetting ’n eenjarige meisie vermoor het toe hy na bewering haar nek met ’n panga gesny het.

GROOTFONTEIN EN OKAHAO

Kinders dood by huise aangetref

Die polisie stel ondersoek op Grootfontein en Okahao in nadat twee peuters, onderskeidelik een jaar en 11 maande en een jaar en 8 maande dood by hulle huise gevind is.

– Polisie se misdaadverslag

Kommentaar

Republikein 2024-12-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 21° | 32° Ruacana: 22° | 29° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 21° | 30° Gobabis: 19° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 23° Rehoboth: 24° | 33° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 26° | 38° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 21° | 30° Cape Town: 20° | 30° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 18° | 27° #REF! #REF!